KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built. Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

07.09.2019 Views

Ouberg pas op en af, dus stel die knaap voor dat ons by Skurweberg aanklop en met hul 4×4 roete die berg af gaan. Die besluit word sommer gou gemaak en kort voor lank ry ons deur Skurweberg 4×4 se hutte en word, soos maar orals in die Karoo, met ope arms ontvang deur ou Witjan (eienaar van die plaas). Na ʼn kort verduideliking van die roete is ons onderweg. Die eerste gedeelte van die roete kronkel op teen die berg via ʼn tweespoorpad – niks ernstig nie. Die uitsig van boop die berg is prentjie mooi en ons verkyk ons aan die ooptes. Dit is by hierdie einste punt waar ons dalk bietjie konsentrasie verloor het en toe ons afdraai mis gery het. Ons volg ʼn tweespoorpad al langs die kruin van die berg. Die kinders is in ekstase soos die Cruiser heen & weer skud en dit is ʼn groot pret agter in die voertuig. Hier moes ons links draai en NIE deur die hekke gegaan het nie 40min later en die spoor begin plek-plek verdwyn. Terselfdetyd raak die roete ook meer uitdagend en moet daar mooi kop gehou word. Soos ons teen ʼn koppie uit kruip word ons gestop deur ʼn hek…met ʼn verdomde slot. Hierdie kan mos nie reg wees nie. Die T4A kaart word weer nader gesleep en na ʼn kort verkenning van die gedeelte na die hek, besef ons êrens het ons verkeerd gery, en ons moet omdraai & terugkeer van waar ons gekom het. Ek en ou groot Jacques hou nie van “back-track” nie, maar ons het geen keuse nie. Kinders maak dit duidelik dit is dalk tyd vir middagete en Marli & Carlize laat nie op hulle wag om gou ietsie aan mekaar te slaan agter op die bak van Jacques se Hilux bakkie nie. Middagete en dan moet ons om draai. Om alles te kroon is daar minimale spasie om die twee voertuie te draai, maar Jacques sien bietjie laer af teen die koppie ʼn area waar ons kan draai en ons twee spring gou aan die werk om die voertuie te draai. Uiteindelik terug bo op die koppie, waar ons dink ons dalk verkeerd gedraai het, sien ons wrintiewaar die afdraai wat ons aanvanklik moes gevolg het. Van hier kronkel die pad al langs die kruin (teenoorgestelde rigting teenoor die verkeerde roete wat ons gevolg het) tot dit skielik na regs draai en dan word daar baie vinnig gesak. Die kaart dui die gedeelte aan as Banggat en as jy ʼn probleem met hoogte het, is hierdie die perfekte naam vir die gedeelte af teen die berg. Die gedeelte wat hul Banggat noem Die roete sluit uiteindelik weer by die Ouberg pas aan en skielik voel die oop groot grondpad sommer baie lekkerder as die geskud van die laaste 2 ure. Met die dat Jacques-hulle nog nie by die Africa Burn site was nie, besluit ons om eers ʼn draai daar te gaan maak voor ons op die R355 klim op pad Ceres toe. Die kinders is rustig en die country musiek blaas oor die radio soos die Cruiser die grondpad opvreet. Ek love alles daarvan. My oog vang my petrolnaald – oh vrek (actually ʼn ander krag woord gebruik daai tyd). Ek skakel oor na my reserwe tank en die meter val sommer reguit verby empty – 2de tank heeltemal leeg. Ek skakel terug na my main tank toe en die naald stop net onder ¼ en ons is

nog nie eers verby die Tankwa Padstal nie. Nie lank gelede het ek en ou Jacques lekker gelag oor hy wat sonder petrol gaan staan het in die laaste dag van ons duine tripen soos die stand van sake nou lyk is daar ʼn groot moontlikheid dat die prentjie andersom gaan wees. Persoonlik het ek nog nooit Tigger (ons 80 Series Cruiser) diep in sy rooi gery nie, want van die geleerde manne het aangeraai dat as sy petrol liggie aankom dan moet jy al begin soek vir ʼn petrolstasie. Ek breek die nuus aan Marli en sonder dat ek daar van weet hoor die seuns dit ook en skielik wil daar geweet word wat is plan B. Wel plan B (tweede tank) is alreeds deur die vergasser so ons moet dink aan plan C, wat Jacques sal wees wat voor ons ry. So paar kilometer anderkant die padstal laat ek Jacques weet wat die stand van sake is rakende my petrolverbruik. Die radio is stil…en dan kom die groot man se stem oor die radio: “Ou maat, my petrolliggie het nou net aan gegaan”. Die GPS wys +/- 70 kilometer na Ceres. My odometer staan op 740 kilometer en as my berekeninge reg is gaan ons eindig op +/- 810 kilometer (dit is as ons Ceres sou haal). Dit is 20 kilometer verder as wat die gemiddelde range is op my twee tanks saam is – daar is ʼn groot werklikheid dat ons dit nie gaan maak nie en om alles te kroon is Jacques reeds in sy reserwe so niemand het ʼn idee hoe ver hy kan gaan nie. Jean se stem raak ernstig en bekommerd: “Ok pa, niks grappies meer nie. Wat is die plan as ons petrol op raak?” Marli maak ʼn storie op om hom gerus te stel en al waaraan ek kan dink is wie in Ceres ken ek om te skakel sou ons gaan staan. Ek kyk na my foon en besef ons is nog buite sein. Dus, as ons twee nou gaan staan dan is ons eers lekker gesnoeker want ons sal niemand kan bel. Het besluit om daai stukkie nuus nie met die seuns te deel nie. Afdraandes word daar gefreewheel om die nodige petrol te bespaar – of dit werklik werk, weet ek nie. Teen die Gydopas begin die knaap effe ruk en ek kan voel hoe 3 paar oë op my afkyk, maar niemand se ʼn woord nie. Is ons hier nou op ons laaste… Ceres kom al nader en met elke kilometer wat ons aflê raak die odds beter dat ons dit gaan maak. Wat nie snaaks gaan wees nie, is as ek 2 kilometer buite die dorp gaan staan sonder petrol. UITEINDELIK glip ons by die naaste petrolstasie in en almal (kinders, vrouens… hel tot die petrol joggies was bly om ons te sien) glimlag breed. Groot les geleer en sal nie weer daai foutjie maak nie, maar as mens nou terugkyk daarna is dit wat ʼn avontuur so lekker maak – dinge gaan nie altyd reg loop nie. “Die laaste paar kilometer terug Wellington toe was darem sonder enige voorvalle en gelukkig met vol tanks, haha!”

nog nie eers verby die Tankwa

Padstal nie.

Nie lank gelede het ek en ou

Jacques lekker gelag oor hy wat

sonder petrol gaan staan het in

die laaste dag van ons duine

tripen soos die stand van sake

nou lyk is daar ʼn groot

moontlikheid dat die prentjie

andersom gaan wees.

Persoonlik het ek nog nooit

Tigger (ons 80 Series Cruiser)

diep in sy rooi gery nie, want

van die geleerde manne het

aangeraai dat as sy petrol liggie

aankom dan moet jy al begin

soek vir ʼn petrolstasie.

Ek breek die nuus aan Marli

en sonder dat ek daar van weet

hoor die seuns dit ook en

skielik wil daar geweet word

wat is plan B. Wel plan B

(tweede tank) is alreeds deur

die vergasser so ons moet dink

aan plan C, wat Jacques sal

wees wat voor ons ry.

So paar kilometer anderkant

die padstal laat ek Jacques weet

wat die stand van sake is

rakende my petrolverbruik.

Die radio is stil…en dan kom

die groot man se stem oor die

radio: “Ou maat, my

petrolliggie het nou net aan

gegaan”. Die GPS wys +/- 70

kilometer na Ceres. My

odometer staan op 740

kilometer en as my berekeninge

reg is gaan ons eindig op +/-

810 kilometer (dit is as ons

Ceres sou haal). Dit is 20

kilometer verder as wat die

gemiddelde range is op my

twee tanks saam is – daar is ʼn

groot werklikheid dat ons dit

nie gaan maak nie en om alles

te kroon is Jacques reeds in sy

reserwe so niemand het ʼn idee

hoe ver hy kan gaan nie.

Jean se stem raak ernstig en

bekommerd: “Ok pa, niks

grappies meer nie. Wat is die

plan as ons petrol op raak?”

Marli maak ʼn storie op om hom

gerus te stel en al waaraan ek

kan dink is wie in Ceres ken ek

om te skakel sou ons gaan

staan. Ek kyk na my foon en

besef ons is nog buite sein. Dus,

as ons twee nou gaan staan dan

is ons eers lekker gesnoeker

want ons sal niemand kan bel.

Het besluit om daai stukkie

nuus nie met die seuns te deel

nie.

Afdraandes word daar

gefreewheel om die nodige

petrol te bespaar – of dit

werklik werk, weet ek nie. Teen

die Gydopas begin die knaap

effe ruk en ek kan voel hoe 3

paar oë op my afkyk, maar

niemand se ʼn woord nie. Is ons

hier nou op ons laaste…

Ceres kom al nader en met

elke kilometer wat ons aflê raak

die odds beter dat ons dit gaan

maak. Wat nie snaaks gaan

wees nie, is as ek 2 kilometer

buite die dorp gaan staan

sonder petrol.

UITEINDELIK glip ons by

die naaste petrolstasie in en

almal (kinders, vrouens… hel

tot die petrol joggies was bly

om ons te sien) glimlag breed.

Groot les geleer en sal nie weer

daai foutjie maak nie, maar as

mens nou terugkyk daarna is dit

wat ʼn avontuur so lekker maak

– dinge gaan nie altyd reg loop

nie.

“Die laaste paar

kilometer terug

Wellington toe

was darem

sonder enige

voorvalle en

gelukkig met vol

tanks, haha!”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!