07.09.2019 Views

KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ouberg pas op en af, dus stel

die knaap voor dat ons by

Skurweberg aanklop en met hul

4×4 roete die berg af gaan.

Die besluit word sommer gou

gemaak en kort voor lank ry ons

deur Skurweberg 4×4 se hutte

en word, soos maar orals in die

Karoo, met ope arms ontvang

deur ou Witjan (eienaar van die

plaas).

Na ʼn kort verduideliking

van die roete is ons onderweg.

Die eerste gedeelte van die

roete kronkel op teen die berg

via ʼn tweespoorpad – niks

ernstig nie. Die uitsig van boop

die berg is prentjie mooi en

ons verkyk ons aan die ooptes.

Dit is by hierdie einste punt

waar ons dalk bietjie

konsentrasie verloor het en toe

ons afdraai mis gery het. Ons

volg ʼn tweespoorpad al langs

die kruin van die berg. Die

kinders is in ekstase soos die

Cruiser heen & weer skud en dit

is ʼn groot pret agter in die

voertuig.

Hier moes ons links draai

en NIE deur die hekke gegaan

het nie 40min later en die spoor

begin plek-plek verdwyn.

Terselfdetyd raak die roete ook

meer uitdagend en moet daar

mooi kop gehou word. Soos

ons teen ʼn koppie uit kruip

word ons gestop deur ʼn

hek…met ʼn verdomde slot.

Hierdie kan mos nie reg wees

nie. Die T4A kaart word weer

nader gesleep en na ʼn kort

verkenning van die gedeelte na

die hek, besef ons êrens het ons

verkeerd gery, en ons moet

omdraai & terugkeer van waar

ons gekom het.

Ek en ou groot Jacques

hou nie van “back-track” nie,

maar ons het geen keuse nie.

Kinders maak dit duidelik dit is

dalk tyd vir middagete en Marli

& Carlize laat nie op hulle wag

om gou ietsie aan mekaar te

slaan agter op die bak van

Jacques se Hilux bakkie nie.

Middagete en dan moet ons om

draai.

Om alles te kroon is daar

minimale spasie om die twee

voertuie te draai, maar Jacques

sien bietjie laer af teen die

koppie ʼn area waar ons kan

draai en ons twee spring gou

aan die werk om die voertuie te

draai.

Uiteindelik terug bo op die

koppie, waar ons dink ons dalk

verkeerd gedraai het, sien ons

wrintiewaar die afdraai wat ons

aanvanklik moes gevolg het.

Van hier kronkel die pad al

langs die kruin

(teenoorgestelde rigting

teenoor die verkeerde roete wat

ons gevolg het) tot dit skielik na

regs draai en dan word daar

baie vinnig gesak. Die kaart dui

die gedeelte aan as Banggat en

as jy ʼn probleem met hoogte

het, is hierdie die perfekte naam

vir die gedeelte af teen die berg.

Die gedeelte wat hul Banggat

noem

Die roete sluit uiteindelik

weer by die Ouberg pas aan en

skielik voel die oop groot

grondpad sommer baie

lekkerder as die geskud van die

laaste 2 ure. Met die dat

Jacques-hulle nog nie by die

Africa Burn site was nie,

besluit ons om eers ʼn draai daar

te gaan maak voor ons op die

R355 klim op pad Ceres toe.

Die kinders is rustig en die

country musiek blaas oor die

radio soos die Cruiser die

grondpad opvreet. Ek love alles

daarvan.

My oog vang my petrolnaald –

oh vrek (actually ʼn ander krag

woord gebruik daai tyd). Ek

skakel oor na my reserwe tank

en die meter val sommer reguit

verby empty – 2de tank

heeltemal leeg. Ek skakel terug

na my main tank toe en die

naald stop net onder ¼ en ons is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!