07.09.2019 Views

KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Al waaraan ons nou aan dink is

ʼn koue bier en vuur aansteek vir

die hamburger patty’s.

Saterdagoggend

word

ontbyt eers geniet in die

restaurantjie voor ons weer

aanstoot op die R27 in

Williston se rigting. So 15

kilometer buite die dorp draai

ons regs op die R354 en volg

die grondpad (wat in goeie

toestand was) tot ons die

afdraai, Rooiwal, sien. Die T4A

kaarte word nader getrek om te

kyk waar die pad uitkom. Soos

gedink is hierdie ʼn alternatiewe

pad na Middelpos, en met die

dat nie een van ons hom al gery

het nie is die besluit vir ons

gemaak. Aanvanklik skud die

sinkplaatpad alles los en ons

begin wonder of dit regtig so ʼn

goeie besluit was, maar later

verbeter die pad en ons kronkel

deur vlaktes tot ons voor

Middelpos Hotel se deur stop.

Eers word daar gesoek na die

eienaar van die hotel om die

kroeg oop te sluit, want mens

kan nie net verby hierdie

ikoniese ou hotel ry sonder om

iets kouds oor die lippe te kry

nie.

Terwyl die kinders Wolf-

Wolf speel in die grondpad

voor die hotel, sit ons groot

mense op die stoep soos ouma

en oupa en teug aan ʼn lekker

soetwyn van Calitzdorp se

wêreld.

Van Middelpos is dit nog +/-

20 kilometer op die R354 in

Sutherland se rigting voor ons

ʼn afdraai kry en dan nog so +/-

15 kilometer tot ons by Cassie

Steenkamp se plaas,

Koornlandskloof, kom waar

ons die aand sou kuier.

Ongelukkig was Cassie se

vrou, Alta, die naweek doenig

op Sutherland met die toerisme

kantoor dus het ons haar

ongelukkig gemis, maar die

kuier by Cassie en die seuns op

die plaas was daai ware Karoo

gasvryheid waaraan ons nou al

begin gewoond geraak het.

As die skape nie kos gegee

word nie, dan is dit ʼn krieket

wedstryd, of ʼn WWE

kompetisie, of sommer net

trokke speel in die modder.

Riale (enigste dogtertjie) laat

haar nie intimideer deur die

klomp seuns nie en speel net so

lekker woes saam soos die

seuns.

Om kinders so te sien

speel en nuwe maats te maak is

een van die groot redes hoekom

ons so gretig is om nuwe plekke

en paaie te gaan ontdek.

As jy in skaap wêreld is dan

weet jy wat jy die aand gaan eet

en maggies niks lyk mooier as

twee roosters vol skaap tjops

nie. Om alles te kroon is daar

lekker toets rugby op die tellie

en maggies ʼn tjoppie proe net

soveel beter as die Bokke

gewen het.

Volgende oggend en Cassie

beveel aan dat ons ietsie nuuts

probeer. Ons is al vele kere

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!