07.09.2019 Views

KAMP IS LEKKER September 2019 TYDSKRIF

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou. Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

Kamp is Lekker is 'n gemaklike kamptydskrif met die beste kampstories, mooiste fotos kampwenke van kampeerders in Suid Afrika. Hier word stories gebou.

Camp is Lekker is a comfortable camp magazine with the best camp stories, most beautiful photos camping tips from campers in South Africa. This is where stories are built.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die wêreld is koud en

plek-plek is dit wit

geryp. Net buite Op

Die Berg draai ons

regs en volg die

teerpad totdat dit

grond raak. ‘n Paar

kilometer verder stop

ons langs ʼn dam en

geniet ontbyt terwyl

die kinders die water

stroompies verken

wat vloei na die dam.

Ons stoot aan, verby Mount

Ceder & Cederberg Oasis tot

ons die smal spoor kry wat teen

die Cederberg op kronkel tot by

Eselbank.

Eselbank se mense is

vriendelik en ons word van

orals gegroet soos ons deur die

paar huise deur ry. Ons kronkel

al af teen die berg en dan oor

die rivier totdat ons die klein

dorpie van Wupperthal in ry.

Ek is geskok en sonder woorde

toe ek sien hoeveel huise

verwoes was tydens

die Desember 2018 vure wat

+/- 53 huis verwoes het. Die

winkeltjie waar ons altyd

koeldrank gekoop het is net

kaal mure.

Van Wupperthal beweeg

ons al teen die pas op en draai

dan regs na die Biedouw Vallei.

Hierdie pad sou ons dan oor die

Doringrivier vat vanwaar ons

dan weer by die Tankw Karoo

pad, R355, reguit Calvinia toe.

Wel daai idee was van korte

duur toe aankomende voertuie

ons in kennis stel die rivier loop

te sterk. Selfs die eienaar van

die plaas wil dit nie eers waag

om die rivier te kruis nie.

As daar een ding is wat ek

en ou Jacques nie van hou nie,

is om terug te “back-track”,

maar terselfde tyd wil nie een

van ons 2 vandag ʼn voertuig

versuip nie.

Ons besluit hierdie is die

perfekte geleentheid om

sommer middagete langs ʼn

dam te geniet. Waar daar water

is, sal jy altyd laggende kinders

kry.

Met die dat ons nie die

Doringrivier kan kruis nie is

daar slegs een pad tot ons

beskikking.

Dus draai ons regs by die

Wupperthal pad en volg die

grondpad tot dit aansluit by die

R364 waar ons regs draai.

Van hier volg ons die +/- 78

kilometer lange grondpad deur

die Botterkloof Pas tot ons

aansluit by die R27 teerpad. 35

kilometer later en ons ry

Calvinia binne. Met die dat dit

Nasionale Vrouedag is het ons

maar besluit om die tente vir

eers tuis te los en ietsie meer

geriefliker te gaan. Aanvanklik

kon die seuns dit nie verstaan

nie, want hoekom ry ons al

hierdie grondpaaie, maar ons

kamp nie? Uhmmm, valid punt,

maar hei, dink julle nie ma sal

ʼn gastehuis meer waardeer as ʼn

tent in die winter in die Karoo?

Jacques het vir ons plek gekry

by die Blou Nartjie Gastehuis

& Restaurant wat loop afstand

is van die middedorp, nie dat

enige van ons êrens wil loop na

die lang dag nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!