24.05.2015 Views

cyperin 200 ec - Nulandis

cyperin 200 ec - Nulandis

cyperin 200 ec - Nulandis

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ALHOEWEL HIERDIE MIDDEL OMVATTEND ONDER 'N GROOT VERSKEIDENHEID

TOESTANDE GETOETS IS WAARBORG DIE REGISTRASIEHOUER NIE DAT DIT ONDER

ALLE TOESTANDE DOELTREFFEND SAL WEES NIE AANGESIEN DIE WERKING EN

EFFEK DAARVAN BEïNVLOED KAN WORD DEUR FAKTORE SOOS ABNORMALE

KLIMAATS- EN BERGINGSTOESTANDE, KWALITEIT VAN VERDUNNINGSWATER,

VERENIGBAARHEID MET ANDER STOWWE WAT NIE OP DIE ETIKET AANGEDUI IS

NIE EN DIE VOORKOMS VAN WEERSTAND VAN DIE PLAE TEEN DIE BETROKKE

MIDDEL SOWEL AS DIE METODE, TYD EN AKKURAATHEID VAN TOEDIENING.

VERDER AANVAAR DIE REGISTRASIEHOUER NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR

SKADE AAN GEWASSE, PLANTEGROEI, DIE OMGEWING OF VIR NADELIGE EFFEK

OP MENS OF DIER OF VIR 'N GEBREK AAN PRESTASIE VAN DIE BETROKKE MIDDEL

AS GEVOLG VAN DIE VERSUIM VAN DIE GEBRUIKER OM ETIKETAANWYSINGS NA

TE KOM OF AS GEVOLG VAN DIE ONTSTAAN VAN TOESTANDE WAT NIE KRAGTENS

DIE REGISTRASIE VOORSIEN KON WORD NIE. RAADPLEEG DIE VERSKAFFER IN DIE

GEVAL VAN ENIGE ONSEKERHEID.

VOORSORGMAATREËLS:

Vermy inaseming en voorkom vel- en oogkontak met die sproeinewel.

Dra beskermende klere (gesigskerm rubberhandskoene- en skoene) wanneer konsentraat

hanteer word.

Was met seep en water na gebruik of toevallige velkontak.

Moenie eet, drink of rook tydens vermenging of toediening of voordat die hande en gesig

gewas en skoon klere aangetrek is nie.

Verhoed besoedeling van voedsel, voer, drinkwater en eetgerei.

Verhoed wegdrywing van sproeinewel na ander gewasse, weiveld, riviere, damme en

gebiede wat nie behandel word nie.

Maak toedieningsapparaat skoon met FLUSHSOL voor her-gebruik en doen weg met

waswater waar dit nie gewasse, weiding, riviere, damme en boorgate sal besoedel nie.

Verwys na die FLUSHSOL etiket vir gebruiksaanwysings.

Sodra die houer leeg is keer dit om oor die spuittenk of mengbak en dreineer vir minstens 30

sekondes nadat die vloei tot ‘n gedrup verminder het. Spoel die houer daarna driekeer uit

met ‘n volume water gelykstaande aan ‘n minimum van 10% van die houer. Gooi die

spoelwater by die inhoud van die spuittenk voordat die houer op die voorgeskrewe wyse

vernietig word. Vernietig die leë houer deur gate daarin te kap, plat te druk en te begrawe / te

verbrand. Moenie die leë houer vir enige ander doel her-gebruik nie.

SIMPTOME VAN VERGIFTIGING:

Geen simptome bekend nie.

NOTA AAN GENEESHEER:

Verkry onmiddellik mediese behandeling deur ‘n geneesheer.

Inaseming: Verwyder pasiënt na vars lug. Pas kunsmatige asemhaling toe en gee suurstof

indien nodig. Verkry mediese hulp.

Ingesluk: MOENIE BRAKING VEROORSAAK nie, tensy so aanbeveel deur mediese

personeel. Moenie iets per mond toedien aan ‘n bewustelose persoon nie. Indien groot

hoeveelhede van hierdie middel ingesluk is, moet ‘n geneesheer onmiddellik ontbied word.

Maak styfpassende klere, soos byvoorbeeld ‘n kraag, das, belt of gordel los.

Velkontak: Ingeval van kontak, spoel onmiddellik met voldoende water af vir minstens 15

minute, terwyl besoedelde klere en skoene verwyder word. Beskerm die geïrriteerde vel deur

‘n sagte room aan te vryf. Koue water mag gebruik word. Was klere voor hergebruik. Maak

skoene deeglik skoon voor hergebruik. Verkry mediese hulp.

Oogkontak: Verseker dat kontaklense verwyder word. In geval van kontak, moet oë

onmiddellik met genoegsame water uitgespoel word vir minstens 15 minute. Koue water mag

gebruik word. Verkry mediese hulp.

12

Label submitted June 2012 – Approved 12.3.2013

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!