29.01.2015 Views

Die - University of the Free State

Die - University of the Free State

Die - University of the Free State

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Centenary book

betrokke te wees!

100 jaar in 7 jaar...

Die geskiedenis van ’n geskiedenisboek

Prof. Leo Barnard

(onder) en sy medeouteur,

prof. Pieter Coetzer (bo),

het die aanvanklike navorsing gedoen.

Die projek om die geskiedenis van

die UV te boek te stel, dateer

terug tot die tyd van prof.

François Retief, rektor tot 1996, wat ’n

proses ge loods het met proff. Johan

Moll, Dawfré Roode en Jaap Steyn as

navorsers. On ge luk kig het al hierdie

persone teen 1997 óf uit ge tree óf ander

ver antwoordelikhede aan vaar. Prof. Stef

Coetzee het in 1998 die pro ses herloods.

Hy het toe as Voor sitter van die Pro jekkomitee

die oorhoofse bestuur van die

projek hanteer.

Die geskiedenisprojek is in twee

fases afgehandel, deur verskeie mense.

Vandat die Senaat op 4 November 1998

formeel die Departement Geskiedenis

aangestel om die geskiedenis van die UV

op te skryf, met prof. Leo Barnard as

pro jek leier, was dit dui de lik dat vele mense

aan hierdie projek sal moet meehelp.

Prof. Barnard en sy mede-outeurs, veral

prof. Pieter Coetzer (maar ook ander), het

die aanvanklike navorsing en skryf werk gedoen.

As gesoute historici het hulle doel gerig

gewerk, duisende kilometer gery, tien talle

onderhoude met oud stu den te, huidige en

oud perso neel lede gevoer, stapels foto’s en

doku men tasie ingesamel en die ver haal van

die UV te boek begin stel. Heel wat van die

aan vank like manu skrip is sorg vuldig met

die hand geskryf en daarna ge tik. Dit was

’n reuse-werk. Na vier jaar is ver skillende

gedeeltes van verskillende skry wers teen die

einde van November 2003 saamgevoeg om

’n eerste manuskrip van ongeveer 500

getikte bladsye te lewer.

Prof. Barnard en sy span het in Januarie-Februarie

2004 hard gewerk aan die inte

grasie van die verskillende gedeeltes en ’n

hersiene eerste manuskrip gelewer. Hier na

het die verdere hantering van die re dak sionele

proses, gehalteversekering en die persklaar

maak van die finale manu skrip grootliks

die ver ant woorde likheid van die Universi

teit en die Voor sitter van die Projekkomitee

(die Rektor) geword.

Op ’n deeltydse basis sou hy daarna

saam met bestuurs- en ander personeellede

die finalisering van die projek hanteer. Met

die hulp van talle persone in die akademie

en steundienste is teksgedeeltes geredigeer

en verkort, nuwe afdelings bygevoeg, in teres

sante brokkies geskryf, inligting verskaf

of feite nagegaan, foto’s bekom,

byskrifte geskryf, manuskripte

geproeflees, taal ver sorg ing en vertaling

gedoen, lyste van name (bv.

Springbokke) opgestel en nage gaan, en

so meer. ’n Tydlyn-raamwerk, wat die geskie

denis van die UV naas interessante

gebeure in die geskiedenis van Bloemfontein,

die Vrystaat, die land en die

wêreld plaas, is ook geskep.

Proff. Dawfré Roode en Jaap Steyn

het in ’n stadium as keurders opgetree,

asook die dekane. Proff. Barnard en

Coetzer as ook ander lede van hul span

het in hierdie fase steeds insette gelewer.

Die projek be stuur van hierdie fase, wat

bykans drie jaar geduur het, is op deeltydse

basis onder neem deur me. Edma

Pelzer. Sy het ’n groot rol ge speel om

nou keurigheid in die bestuur van die proses

sowel as in die finale manuskrip,

veral die seleksie van foto’s, te verseker.

Die Afrikaanse manuskrip is teen die

einde van 2005 gefinaliseer en die pro fessio

nele bladuitleg grootliks voltooi. Toe

moes ’n Engelse weergawe geskep word.

Dit het amper 10 maande geduur om dit

akkuraat gedoen te kry, veral om tipies

Vrystaatse en UV-terme reg vertaal te kry

– en om uiter aard die Engelse manuskrip

se uitleg- en eie proefleeswerk af te

handel. Intussen is die voorblaaie ontwerp.

In September 2006 het die manuskrip

in die finale drukproses ingegaan.

November 06 • Bult

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!