30.08.2014 Views

Kliek hier vir bladsy 22-27 - Stamboek

Kliek hier vir bladsy 22-27 - Stamboek

Kliek hier vir bladsy 22-27 - Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

OP BESOEK ...

Christo sê altyd as hy met ’n sak wol of ’n karkas langs die grootpad

moes staan, hy beslis makliker ’n koper sou kry vir die vleis.

Vandaar sy belangstelling in dié dubbeldoel Dormerras.

'n Dormer-man

in murg en been

Deur Heleen van As

Sommige mense hou ’n skaap

aan, en ander bóér met hom.

Christo Groenewald van Riviersonderend

is só ’n man.

Ontmoet die president van

die Dormer Telersgenootskap, bestuurslid

van die Wes-Kaapse Rooivleisprodusenteorganisasie

en gesinsman. SA Stoetteler

het by hom en sy vrou, Beppie, op sy plaas,

Alexanderskloof, digby Rietpoel gaan kuier.

Dit is op die buurplaas, Welgegund,

waar hy as klein seuntjie lief geraak het vir

boerdery. Na sy twee jaar in die Lugmag

het hy in 1986 saam met sy twee boers,

Willie en Hannes, kom boer na die skielike

afsterwe van hul pa, Boy. “Naas my grond

en eie gesin, is my broers – wat altyd vir

my instaan as ek op die pad is – my twee

grootste bates,” sê Christo trots.

Die driemanskap het saamgeboer en

grond bygekoop totdat hulle in 1992 verdeel

het. Hulle is steeds buurmanne in die

streek wat alombekend as saai- en skaapwêreld

is.

Bewaringsboerdery

Saaiery maak sowat 50% van Christo se

boerdery uit. Hy is ’n groot voorstander van

bewaringsboerdery en sedert hyself dit

vyf jaar gelede begin toepas het, kan hy

’n duidelike verskil in opbrengste, wateropvangs

en kunsmistoediening sien. “Minimumbewerking

het ’n omwenteling in

die vee- en saaibedryf meegebring. Skielik

Christo Groenewald se gesin is hoog op sy prioriteitslys. Hier is Herman, Chris, Betro, Christo en Beppie.

het ek minder water in my gronddamme

omdat die vog op my lande bewaar word.

Ek sê altyd ’n ou moet saam met die natuur

boer – jy moet dit oppas, want dis al

wat jy het.”

Christo maak op presisie-ontledings

staat om regstellings in die grond te doen.

Verder doen hy ook voortdurend proewe

om seker te maak dat dit wat hy doen, in

sy omstandighede werk. “Aan die einde van

die dag meet jy jou aan jouself. Die grootte

van jou boerdery maak nie saak nie, solank

jy net die beste maak van dit wat jy het!”

Hy gebruik ’n wisselboustelsel van

koring, gars en lupiene. Die medics- en

lusernfases, wat dien as weiding vir die

skape, speel ’n kardinale rol in die stelsel

om die saaigrond ’n ruskans te gee. Hy het

onlangs ’n besproeiingsplaas bygekoop

om verder te diversifiseer. “Die beplanning

is om mielies en lusern onder spilpunt te

plant en sodoende méér voer te hê vir die

diere. Vervoer van proteïene uit die noorde

is peperduur en onnodig as jy dit self kan

produseer,” sê hy.

Dorwald Dormers

In die streek, wat gemiddeld 450mm

winterreën per jaar kry, probeer hy sy bes

om met natuurlike weidings oor die weg

Issue 35 ▪ July 2013

23

OP BESOEK ...

te kom. Dit is iets waarvoor dié geharde

ras uitgeknip is. “Dormers omskep jou

weidings gou in kontant. Hulle is nie

seisoengebonde nie en paar en lam net

wanneer jy wil.”

Diere op stoppellande kry ’n lekaanvulling,

en vanaf twee weke voor dektyd totdat

die ram weg is, gee hy sowat 300 gram

lupiene per ooi per dag as byvoeding in

droë tye. Hy handhaaf ’n drakrag van twee

ooie per hektaar en tot vyf op ’n hektaar

medics- of lusernweiding.

Hoewel die ras dubbeldoelig is, erken

Christo dat daar ’n groot verlies in terme

van opbrengs en gehalte van die wol is.

“Dit is egter nie vir my so belangrik nie.

Tog dek my woltjek al die insetkoste wat

dosering, enting, veeartsenykunde en

skandering aanbetref,” verduidelik hy.

Wanneer hy in Februarie en Augustus

skeer, haal hy gemiddeld 2,5kg wol met ‘n

mikron van 27 per ooi af. Die sponsagtige

wol skep ook nie probleme met uitwendige

parasiete nie. “Met uitsondering kry

ons een keer in vyf jaar klam, warm weer

en sukkel ons met wurms. Maar dit is nie

algemeen vir waar ons woon nie,” sê hy.

Die Dormerras, hoewel nie onbekend

nie, is steeds besig om teen ’n vinnige

tempo te groei. Sedert Christo in 2007 as

president van die genootskap oorgevat

het, het die aantal telers van 75 tot 119

gestyg. Hoewel die Vrystaat die hoogste

aantal telers het (58), word sowat 6 457

van die 19 471 geregistreerde diere deur

die 18 Wes-Kaapse telers besit. Christo

self hou wag oor 1 022 van hierdie diere.

Teling en seleksie

Buiten rasstandaarde klas Christo streng

volgens vrugbaarheid en moedereienskappe.

“ ’n Funksioneel doeltreffende ooi

is die heel belangrikste – sy moet ’n lam

kan grootmaak. Een ooi kan nie byvoorbeeld

na vyf lamseisoene vir my twaalf

lammers grootmaak en ’n ander net sewe

nie, hulle vreet tog dieselfde kos. Daarom

is ek streng op skandering en die uitklas

van nie-dragtige diere – hulle ry lorrie.”

Christo gebruik ’n twaalf-maande ekstensiewe

lamstelsel en het twee groepe

wat onderskeidelik in Maart en Augustus

lam. Jong ooitjies kom die eerste keer op

elf maande by die ram. “Ek glo maar nog

Buiten vir die Dormers is die pragtige trop Nguni-beeste een van Christo se ander

gunsteling boerdery-vertakkings. Hulle is as’t ware die stofsuiers op sy plaas wat

die laer potensiaal gronde benut en die bulle met lang horings is ook uitstekende

skaapwagters.

in mannetjies en wyfies. Met kunsmatige

inseminasie vorder jy geneties baie vinnig,

maar maak ook maklik ’n fout.”

Hoewel die aantal lammers gebore uit

’n agt-maande stelsel hoër is, het hy gevind

dat sy speengewig (52,98kg) laer is as

op ’n twaalf-maande stelsel (62,82kg). Sy

gevolgtrekking is dat ooie nie die lammers

volhoubaar grootmaak nie. Hy het ook probeer

om lammers op die agt-maande stelsel

na speen te voer, maar geleer dat dit

die beste is om ooie self as “voerkraal” vir

die lammers te gebruik.

Op 100 dae word sowat 40% van die

lammers direk van die ma’s gespeen en

bemark. Teen hierdie tyd word die ooie se

uiers weer deurgevoel en dié wat droog is

uitgeklas en verkoop. “Aan die begin het

die hoë seleksiedruk my ooigetalle taamlik

laat sak, totdat die ding begin loop het.

Nou is ’n speenpersentasie van tot 156%

vir my niks. Wanneer ek ’n skaap sou koop,

is die melkfaktor vir my belangriker as die

meerlingstatus van die ram.”

Die teler is die bemarker

Eerlike en betroubare rekordhouding

van sy kudde is een van sy belangrikste

bemarkingshulpmiddels. Rekenaars en

programmatuur van SA Stamboek maak

dit baie eenvoudig om altyd op datum

te bly. Lammers word binne drie dae van

geboorte gemerk en in al sy jare het daar

dalk tien deurgeglip wat hyself nie gemerk

het nie. “Dit is my behoud om dit

self te doen. Ek is haastig om die inligting

in te tik, die indekse te kry en te kyk hoe

ek geteel het. Ek het ’n passie hiervoor,”

sê hy.

Al sy ramme is geregistreer en ondergaan

’n volledige prestasietoets voordat

hulle op veiling aangebied word. Naas die

nasionale veiling in Bloemfontein, neem

hy ook deel aan die Oos-Kaapse bul- en

ramveiling in Humansdorp, die Suid-Kaap

produksieveiling in Bredasdorp en die

gesamentlike plaaslike veiling met Blydskap

Dohne’s in Februarie, wat vir hom ’n

persoonlike hoogtepunt is.

Sy teenwoordigheid by boeredae,

inligtingsdae en kursusse, saam met

puik naverkoopdiens, is vir hom ’n puik

bemarkingsgeleentheid van sy boerdery.

Hy het al ’n paar skaapkursusse aangebied

en is die eerste Dormer-teler wat skape

uitgevoer het na Namibië. “Ons het al

twee keer daar gaan kuier om seker te

maak dat die diere aangepas het. Ek wil

weet waar al die diere wat ek verkoop het

is en hoe dit met hulle gaan. My vrou,

wat onder andere ’n junior keurder is,

help ook graag om ooie te klas.” SB

Issue 35 ▪ July 2013

25

Inspiration for the game industry

By Du Preez de Villiers

“I came to a crossroad when my husband died in 2007. I

had to decide within a very short time whether I wanted

to continue with the hunting and wildlife ranching enterprise

that we had built up over so many years. I opted

to take control and pick up the reins as I didn’t want to

lose any momentum. Today I am very glad that I have made this

exciting choice,” is Tania Kaiser’s inspiring words.

The news of Christo’s death spread like a veld fire through

hunting and game circles across the world. Tania had to send

out a statement to visiting hunters who were to arrive the next

morning, to assure them that they were still welcome on the

farm.

Since then most of her clients from the USA and Spain have

returned every year to experience another exceptional Unico

hunting experience.

Versatile and full of plans

Tania farms outside Ellisras (Lephalale) on the farm Grootfontein,

under the name Unico Safaris. She completed her professional

hunter’s course within five weeks of Christo’s death, because

she wanted to become a qualified hunting entrepreneur

and the person responsible for the enterprise as soon as possible.

On the farm she breeds, amongst others, with buffalo, sables,

golden wildebeest and nyala. She applies a strong ecotourism

approach throughout. She also runs a film studio which is managed

by Johan Wiid. Johan can accompany a hunter or hunting

party to capture the hunt on film and make a DVD of it. There

is also a small gift shop and salon at the lodge for her clients.

Tania is a strong supporter of exposing women and children

to hunting. She started a youth hunting club two years ago with

the aim of promoting a hunting culture among children.

She has also been the vice-chairperson of the Wildlife Ranching

(WRSA) Lephalale Business Chamber for two years, is a motivational

speaker and serves on the governing body of the local

primary school. Her three daughters are all in local schools and

although she is involved with many activities, she always makes

time to be an unconditional mother and parent to them.

Diversify from the start

“When we arrived in the Bushveld from Gauteng, Christo was adamant

that one has to spread risk in business. He consequently

purchased some more farms and shares in other game farms,”

says Tania.

During that time there was a huge demand for buffalo and

Christo decided to also invest in the breed. In 2005 he bought

20 “clean” buffalo as part of a partnership from a breeding project

in the Lowveld. The growth in the breeding project was excellent

and they also traded some of the animals to establish

Tania and her three daughters,

Lane ,Talya and Christi.

an excellent herd. Later on they divided the extended breeding

group. Nowadays Tania farms the buffaloes together with her

neighbours, Frik and Yvette Malan.

She also farms with golden wildebeest, of which two outstanding

bulls were born on the farm in the time when the golden

wildebeest market was exploding and bulls were trading for

R800 000.

“Four years ago I added sables, probably one of the most

beautiful animals, to my breeding programme in partnership

with Johan Slabbert. I am also thankful to Piet Warren, a leading

sable breeder, who shared his knowledge with me on how to

breed top quality sables. Our bulls are of pure Zambian descent,”

says Tania.

Game farmer of the year

Tania was crowned as the game farmer of the year for 2012

at this year’s WRSA congress in April. “The selection process

was very strict, and WRSA investigated and judged every facet

of my business. My prospects for economical sustainability are

excellent. I ensured that my investments deliver above average

growth with my hand-picked breeding animals, precise feeding,

recordkeeping and management,” she says.

26

AT HOME WITH ...

Inside Johan Wiid’s studio, where films of the safaris are compiled. Here are

Kobie Kitching (Tania’s personal assistant who makes sure that the administration

is in place), Tania and Johan.

Tania at the giraffes’ elevated trough. In the background is a viewpoint for

bow hunters. In front of the shelter is a watering hole which is accessible for all

animals, even tortoises.

Kabelo is one of Unico’s beautiful golden wildebeest bulls.

Parasite analysis

Tania recently purchased a Zeiss microscope for the game ranch.

This allows her to personally monitor her animals’ parasite counts.

“Dr Louis Greeff, our local veterinarian in Thabazimbi, and his

laboratory staff, recently presented a lecture at one of our WRSA

business chamber gatherings in Lephalale. They gave us practical

training on how to do parasite analysis with our microscopes.

Although it is really not a nice thing to see, it is definitely worthwhile

to do your own analysis and to be hands-on about it. This is

of course a brand new but very exciting field,” she says excitedly.

Tania and Jan Warren, the farm manager, at Unico’s very clean slaughtering

room.

Tania implemented a precision operational management plan

for the farm to support the veld management. She feels it is of

great importance to determine a farm’s carrying capacity in respect

of different feeding groups and game breeds, especially

with the unpredictable rainfall that characterises the Bushveld.

Hunting is essential

“Many organisations are positively influenced by trophy hunters

from overseas. In addition, the amount of job opportunities that

are created means a lot for the country’s economy. It is also of

crucial importance that we have to start marketing South African

game meat to consumers because it is a truly healthy foodstuff,”

she says.

“I am very excited about wildlife ranching in South Africa, and

I am really glad that I did not sell the farm and retired in my sea

cottage years ago. I succeeded because of the grace of God and a

passion for what I am doing,” says Tania.

SB

Issue 35 ▪ July 2013

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!