A solution and solid state study of niobium complexes University of ...

A solution and solid state study of niobium complexes University of ... A solution and solid state study of niobium complexes University of ...

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
31.07.2013 Views

Opsomming Hierdie navorsingsprojek fokus op die ondersoek en identifikasie van verskeie niobium(V)komplekse wat uitgesoekte O,O’-bidentateligande bevat wat moontlik gebruik kan word vir die selektiewe skeiding van niobium en tantalum. Klem is gelê op asetielasetoon (acacH) tipe ligande as gevolg van die maklike manier waarop hulle elektroniese en steriese eienskappe verander kan word. Die kristallografiese karakterisering van drie nuwe komplekse, (asetielasetonato-κ 2 - O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V) (1), die “hok”-agtige struktuur tetrakis- (asetielasetonato-κ 2 -O,O’)oktakis(etoksi)tetrakis(µ 2 -okso)tetraniobium(V) (2) en die twee strukture wat verkry is vanuit dieselfde kristal, (1-feniel-1,3-butaandionato-κ 2 - O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V) (3a) en (1-feniel-1,3-butaandionato-κ 2 -O,O’)di- chloridodimetoksidoniobium(V) (3b), word bespreek en vergelyk met literatuur. Kompleks 1 kristalliseer in `n ortorombiese kristalstelsel en ruimtegroep Pbca, terwyl komplekse 2, 3a en 3b almal in `n monokliniese kristalstelsel en ruimtegroep P21/c, kristalliseer. Oor die algemeen is dit waargeneem dat hierdie mono-gesubstitueerde β-diketonato komplekse van niobium(V) in `n verwronge oktahedriese koördinasie polyheder kristalliseer. Die gemiddelde O-Nb-O bythoek en Nb-O bindingsafstand vir hierdie komplekse is onderskeidelik as 80.5 (1) °en 2.108 (2) Å bepaal. `n Kinetiese ondersoek is uitgevoer om die vorming van die (asetielasetonato-κ 2 - O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V)kompleks in methanol te volg. Die koördinasie- meganisme is gepostuleer vir die twee waargenome stappe van acacH koördinasie, waarvan die aanvanklike koördinasie van die ligand in die eerste stap plaasvind. Die ewewigskonstante, K1, is as 1975 (201) M -1 teen 25.0 °C bepaal. Die tweede, tempo- bepalende stap is verteenwoordigend van die totale reaksie en sluit die ring-sluiting van die acac ligand in, en lewer K1 as 1403 (379) M -1 op. Binne eksperimentele fout stem hierdie waarde goed ooreen met die waarde van die eerste stap. Wanneer die tempokonstantes, k1 en k2, vergelyk word is, gevind dat die eerste reaksie ongeveer ses ordegroottes (10 6 ) vinniger as die stadiger, tweede reaksie stap is. VIII

Opsomming 93 Nb KMR is met sukses gebruik in die karakterisering van die bereide niobium(V) produkte en speel `n belangrike rol in die kinetiese studie van die projek. Met betrekking tot die kinetiese studie vind oplosmiddel-koördinasie vinnig plaas met oplossing van die dimeriese reagens, [NbCl5]2, in methanol en die niobium(V) reagens is korrek vasgestel as [NbCl2(OMe)3(MeOH)] deur middel van 93 Nb KMR. IX

Opsomming

Hierdie navorsingsprojek fokus op die ondersoek en identifikasie van verskeie

niobium(V)komplekse wat uitgesoekte O,O’-bidentateligande bevat wat moontlik

gebruik kan word vir die selektiewe skeiding van niobium en tantalum. Klem is gelê

op asetielasetoon (acacH) tipe ligande as gevolg van die maklike manier waarop

hulle elektroniese en steriese eienskappe verander kan word.

Die kristallografiese karakterisering van drie nuwe komplekse, (asetielasetonato-κ 2 -

O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V) (1), die “hok”-agtige struktuur tetrakis-

(asetielasetonato-κ 2 -O,O’)oktakis(etoksi)tetrakis(µ 2 -okso)tetraniobium(V) (2) en die

twee strukture wat verkry is vanuit dieselfde kristal, (1-feniel-1,3-butaandionato-κ 2 -

O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V) (3a) en (1-feniel-1,3-butaandionato-κ 2 -O,O’)di-

chloridodimetoksidoniobium(V) (3b), word bespreek en vergelyk met literatuur.

Kompleks 1 kristalliseer in `n ortorombiese kristalstelsel en ruimtegroep Pbca, terwyl

komplekse 2, 3a en 3b almal in `n monokliniese kristalstelsel en ruimtegroep P21/c,

kristalliseer. Oor die algemeen is dit waargeneem dat hierdie mono-gesubstitueerde

β-diketonato komplekse van niobium(V) in `n verwronge oktahedriese koördinasie

polyheder kristalliseer. Die gemiddelde O-Nb-O bythoek en Nb-O bindingsafstand vir

hierdie komplekse is onderskeidelik as 80.5 (1) °en 2.108 (2) Å bepaal.

`n Kinetiese ondersoek is uitgevoer om die vorming van die (asetielasetonato-κ 2 -

O,O’)chloridotrimetoksidoniobium(V)kompleks in methanol te volg. Die koördinasie-

meganisme is gepostuleer vir die twee waargenome stappe van acacH koördinasie,

waarvan die aanvanklike koördinasie van die ligand in die eerste stap plaasvind. Die

ewewigskonstante, K1, is as 1975 (201) M -1 teen 25.0 °C bepaal. Die tweede, tempo-

bepalende stap is verteenwoordigend van die totale reaksie en sluit die ring-sluiting

van die acac ligand in, en lewer K1 as 1403 (379) M -1 op. Binne eksperimentele fout

stem hierdie waarde goed ooreen met die waarde van die eerste stap. Wanneer die

tempokonstantes, k1 en k2, vergelyk word is, gevind dat die eerste reaksie ongeveer

ses ordegroottes (10 6 ) vinniger as die stadiger, tweede reaksie stap is.

VIII

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!