30.07.2013 Views

Overstrand Herald

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Overstrand Herald

gebruik is en die wet bepaal, die

Maandagoggend na die landdroshof op

Caledon geneem waar hy in die hof sou

verskyn. Die senior staatsaanklaer het

egter onverwags besluit om nie die saak

op die hofrol te plaas nie en dit terug te

verwys na die DOV. Die verdagte, wat by

die hof ingewag is deur sy prokureur en

ën advokaat, is toe daar weg sonder om

in die hof te verskyn. Dit is om hierdie

rede dat die Herald hom tans nie mag

identifiseer nie.

Na wat die Herald verneem, is die forensiese

span wat die Ross moordondersoek,

dieselfde een as wat die ondersoek

na die berugte Du Toit moord in Franschhoek

lei. Daar is interessante ooreenkomste

tussen die twee sake. Die 28jarige

Chanel du Toit is op 7 Julie 2010

vermoor op ën wynlandgoed naby

Franschhoek. Sy is soos me Ross, verwurg.

Haar man Johan (29) het glo die

betrokke oggend omstreeks 02:00 die

huis verlaat om te gaan jag op Springbok.

Du Toit se naakte lyk is die volgende

oggend deur haar skoonma gevind na

haar man haar glo nie per telefoon kon

bereik nie. Johan du Toit is ën paar dae

daarna in hegtenis geneem en aangekla

van die moord op sy vrou. ën Patoloog, dr

Deidre Abrahams het vroeÎr vandeesmaand

in die Paarlse landdroshof

getuig dat me. Du Toit waarskynlik reeds

om 20:00 op 6 Julie (maw sowat 6 ure

25 Julie 2013 Bladsy 3

voor haar man die huis verlaat het) dood

is. Dit blyk noudat die egaar erge huweliksprobleme

gehad het en dat hul verhouding

besig was om te verbrokkel. Die

saak is intussen tot in September uitgestel.

In die Ross saak is die motief vir

die moord steeds onduidelik. Die Herald

kan bevestig dat gerugte dat daar, kort

voor haar dood, blykbaar ën groot

versekeringspolis op die lewe van Christa

Ross uitgeneem is, onwaar is. Die

koerant is wel bewus daarvan dat die

polisie, tydens die verdagte se

inhegtenisneming, op sekere dokumente

beslag gelÍ het wat moontlik lig op die

motief vir die moord kan werp.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!