05.05.2013 Views

Download - Clover

Download - Clover

Download - Clover

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Voorsittersverslag

Die 2007-boekjaar het in verskeie opsigte baie moeilik geblyk. Die bedryf het die jaar begin met ’n effense surplus

rou melk, en bedrukte markpryse het die situasie weerspieël. In ooreenstemming met die dreigende melktekorte

kort daarna, het Clover probleme begin ervaar om in die vraag na sy produkte deur die handel te voorsien.

Onafhanklike markopnames toon egter duidelik dat die strategie om die premies op ons produkte te verlaag,

volumes oor die hele reeks verhoog het, wat ’n uitwerking op Clover se lewering aan ons handelsvennote gehad het.

Gedurende die tweede helfte van die boekjaar het dit duidelik geword dat daar sowel plaaslik as internasionaal

onvoldoende melk sou wees om in die markvraag te voorsien. Hierdie tendens was die gevolg van ’n aantal faktore

wat tegelyk op die mark ingewerk het en saam ’n ernstiger uitwerking gehad het as enige enkele faktor.

Op die internasionale front het die baie ernstige droogte in Australië, die verlaging van die EU-uitvoersubsidies en

die reuse toename in die vraag uit China en Indië waarskynlik die belangrikste uitwerking op die internasionale pryse

van suiwelprodukte uitgeoefen. Biodiesel en ander verhoogde insetkoste het ook ’n invloed gehad.

Onbetroubare statistiek maak ’n sinvolle beoordeling van Suid-Afrika se binnelandse mark selfs in die beste

omstandighede moeilik. Die heersende hoë pryse van suiwelprodukte op wêreldmarke, gepaard met ’n swakker

plaaslike geldeenheid, maak dit moeilik vir invoerders van hierdie produkte, selfs as die produkte beskikbaar is.

Saam met ’n aansienlike toename in die plaaslike vraag het dit ’n geskarrel na rou melk veroorsaak, en

produsentepryse het gevolglik gedurende die eerste helfte van 2007 aansienlik gestyg.

Herstrukturering van Clover Danone Beverages

Suksesvolle onderhandelings is gedurende die jaar met die Danone-groep gevoer, wat daartoe gelei het dat Clover

S.A. die Danone-groep se aandele in Clover Danone Beverages bekom het. ’n Daaropvolgende skema om die

minderhede uit te koop, was onsuksesvol. ’n Spesiale algemene vergadering van hierdie maatskappy het die

verandering van naam na Clover Beverages goedgekeur.

Finansiële resultate

Die fi nansiële resultate vir die jaar het nie ten volle aan ons verwagtinge voldoen nie, maar dit is nie verbasend as

die huidige wêreld-suiwelsituasie in ag geneem word nie. Hoewel dit korttermynprobleme vir die Groep en sy

melkprodusente meegebring het, is die geleenthede op die medium en langer termyn baie opwindend. Die resultate

word volledig in die toepaslike afdeling van hierdie jaarverslag bespreek.

Jaarverslag 2007 Bladsy 134

Melkproduksie

Melkproduksie in Suid-Afrika is op ’n aantal fronte benadeel. Die kwaai droogte in die land se

graanproduksiegebiede het tot ’n tekort aan beskikbare ruvoer vir melkproduksie gelei.Verhogings in ander

insetkoste het hierdie probleem vererger.

Die lae melkpryse wat produsente die afgelope paar jaar gerealiseer het, het veroorsaak dat ’n aantal boere die

bedryf verlaat het of die hoë vleispryse benut en hulle kuddes meer ernstig as gewoonlik uitgedun het. Hoewel

die heersende melkpryse na verwagting produksie sal stimuleer, is dit onwaarskynlik dat die aanbod tot vroeg in

die somer in die vraag sal kan voorsien. Die neiging dat kleiner boerderye deur veel groteres vervang word, sal na

verwagting voortduur. Doeltreffende en goed bestuurde suiwelplase sal ongetwyfeld steeds opbrengste lewer wat

besonder mededingend is as hulle met ander soorte boerderye vergelyk word.

Strategiese vennootskappe

Ons vennootskappe met Danone, Imperial, Fonterra en ’n aantal ander handelsvennote ontwikkel steeds tot

wasdom, met voordele wat alle partye toeval. Die erkenning en respek vir die kragte van elkeen van die partye en

begrip vir die unieke aard van die suiwelbesigheid is deurslaggewend vir die sukses van hierdie verhoudings.

Herkapitalisering en herstrukturering

Die afgelope aantal jare het Clover in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse ekonomie sterk gegroei. Om

die Groep vir verdere toekomstige groei te herposisioneer, het die Direksie ’n proses goedgekeur waarvolgens

die bestuur alle moontlike opsies vir die herkapitalisering en herstrukturering van ekwiteit en skuld in die Groep

sal ondersoek. Dit kan tot opwindende geleenthede lei, nie net vir Clover nie, maar ook vir produsente en

aandeelhouers. Alle moontlike kapitaalverkrygingsmeganismes sal ondersoek word.

Raad op Mededinging

Die Raad op Mededinging het sekere aantygings gemaak met betrekking tot praktyke wat hy as onmededingend

beskou deur ’n aantal maatskappye wat by die verwerking en verspreiding van melk betrokke is. Die Raad se

bevindings is na die Mededingingstribunaal verwys. Clover het in elke opsig met die ondersoek saamgewerk en

in die proses om korporatiewe versagting vir sekere aspekte van die aanklagte aansoek gedoen en ontvang. Dit sal

duidelik ’n lang en uitgerekte proses wees, maar ek het alle rede om te glo dat dit ’n positiewe uitslag tot gevolg sal

hê.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!