04.05.2013 Views

CYPERIN - Nulandis

CYPERIN - Nulandis

CYPERIN - Nulandis

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI

Verenigbaarheid:

Moenie met die volgende meng nie: amitras, chinometionat, protiofos, vamidotion of

seewierekstrakte nie. Moenie ‘n benattingsmiddel by Cyperin byvoeg wanneer appels,

druiwe of pere gespuit word nie. Cyperin is verenigbaar met die meeste katoenmytdoders in

algemene gebruik. Die verenigbaarheid van Cyperin met ander produkte kan beïnvloed word

deur die formulering van die betrokke produkte asook deur die kwaliteit van die water.

Aangesien die formulering van ander produkte kan verander en die kwaliteit van die water

ook van plaas tot plaas kan varieër, moet ‘n fisiese verenigbaarheidstoets altyd uitgevoer

word voordat gespuit word.

Menginstruksies:

Die byvoeging van Bladbuff 7 (Reg. Nr. L8121 )of Bladbuff 12 (Reg. Nr. L8201 ) by die

water in die spuittenk word aanbeveel, voor byvoeging van Cyperin, om alkaliese hidroliese

te voorkom. Meng Bladbuff 7 of Bladbuff 12 altyd eerste met die spuitwater. Vul spuittenk

tot halfvol met skoon water. Voeg die korrekte hoeveelheid Cyperin by terwyl deeglik geroer

word. Vul tenk en verseker deeglik vermenging terwyl gespuit word. Roer aanhoudend terwyl

die spuittenk volgemaak word asook gedurende bespuiting. Aangemaakte spuitmengsel

moenie in die spuittenk gelaat word vir enige bepaalde tydperk nie, b.v., oornag nie.

Grondtoediening:

Maak gebruik van hoë volume konvensionele spuitapparaat en newelblaser toegerus met

holkeël spuitkoppe wat ’n gemiddelde, tot fyn druppelgrootte lewer. Die spuite moet akkuraat

gekalibreer word voor toediening om ‘n goeie bedekking te verseker. Versprei die

spuitmengsel egalig oor die teikengebied. Die gebruik van valarms op ‘n konvensionele

spuitbalk word aanbeveel wanneer gewasse soos katoen en tamaties gespuit word. Moenie

plante wat nat is as gevolg van dou of reën bespuit nie.

Cyperin to include Bladbuff 7 & 12 submitted June 2011: Approved July 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!