Boomplantweek en die Internasionale Jaar van Woude - Dendro.co.za

Boomplantweek en die Internasionale Jaar van Woude - Dendro.co.za Boomplantweek en die Internasionale Jaar van Woude - Dendro.co.za

02.05.2013 Views

DENDRON » No/Nr: 43 » November 2011 58 review review IS BOME SWAK KOSMAKERS? naam as Rubisco afgekort is (Figuur 2). Rubisco werk heel gaaf om die reaksie te kataliseer mits die CO 2 - konsentrasie hoog is. Drie miljard jaar gelede, toe die atmosferiese CO 2 -konsentrasie hoog was, sou Rubisco dus goed in primitiewe sianobakterieë gefunksioneer het. Die Rubisco ensiem vaar egter nie so goed onder huidige atmosferiese toestande van ’n lae CO 2 - en hoë O 2 -konsentrasie nie want die O 2 -molekule kompeteer nou met die CO 2 -molekule vir bindplek aan die ensiemmolekule. Weens die kompetisie tussen CO 2 - en O 2 -molekule bind daar dus minder CO 2 -molekule per sekonde aan die Rubisco-ensiem. Boonop veroorsaak die binding van die O 2 -molekule aan Rubisco dat afwykende reaksies (fotorespirasie) plaasvind wat fotosintese minder doeltreffend maak. Kan bome se fotosintese deur mutasies verbeter word? Veronderstel dat daar ’n ‘gunstige’ mutasie in die chloroplaste van ’n blaar sou plaasvind waardeur ’n beter Rubisco ensiem sou ontstaan. So ’n gunstige mutasie kan ongelukkig nie na ander volwasse blaarselle of na ander blare versprei nie want chloroplaste migreer nie tussen selle nie. As die blaar met die gunstige mutasie dus verouder en afval, sal die mutasie verlore gaan. Om verskeie redes is die kanse maar klein dat ’n gunstige mutasie in enkele chloroplaste van ’n plant na ’n nageslag oorgedra kan word. Wat die vrylewende sianobakterieë in die oseane en mere betref, is die situasie anders. Mutasies kan makliker plaasvind, en ’n sianobakteriesel met ’n gunstige mutasie kan geredelik aanteel en in groot hoeveelhede voorkom. Dit is skynbaar wat 0.4 miljard (400 miljoen) jaar gelede gebeur het. Op daardie stadium het die CO 2 -konsentrasie van die atmosfeer beduidend begin daal en ‘moderne’ sianobakterieë het toe ontstaan wat daarby kon aanpas. Die aanpassing het behels dat mikrokompartemente in die sianobakterieë ontstaan het en daarby het membraan-‘pompe’ ontwikkel wat CO 2 aktief in die mikrokompartemente inpomp. Sodoende word ’n hoë CO 2 -konsentrasie in die mikrokompartemente verkry en kon die Rubisco-ensiem van die ‘moderne’ vrylewende sianobakterieë effektief funksioneer. Kan landplante dan nie ook koolsuurgas konsentreer nie? Ja inderdaad beskik sekere landplante beskik wel oor meganismes om CO 2 te konsentreer maar hulle maak nie van CO 2 -‘pompe’ en mikrokompartemente gebruik nie. Hulle is egter in die minderheid en verreweg die meeste soorte plante maak nog van die ‘primitiewe’ proses (C 3 -fotosintese) gebruik sonder dat die CO 2 vooraf gekonsentreer word. Die gewone fotosintese word C 3 -fotosintese genoem omdat die eerste stabiele fotosinteseproduk wat ontstaan, se molekule drie koolstofatome lank is. Sekere ekonomies belangrike landplante (suikerriet, mielies, sorghum) beskik oor ‘n fotosinteseproses (C 4 -fotosintese) waardeur CO 2 gekonsentreer word en die soort fotosintese is eers in die sestigerjare van die vorige eeu ontdek. Die blare van C 4 -plante is anatomies aangepas om die konsentrering van CO 2 moontlik te maak. Eerstens word die CO 2 doeltreffend in gewone blaarselle gebind deur ’n karboksilase-ensiem en dus nie deur Rubisco nie. Die appelsuur of ander C 4 -verbinding wat so gevorm word, word na dikwandige skedeselle wat om die blaar-are gerangskik is, vervoer. Daar word die C 4 -verbinding ontbind en word die CO 2 weer vrygestel. Die CO 2 kan nie maklik uit hierdie dikwandige selle ontsnap nie en kom dus in hoë konsentrasies daarin voor, waar dit dan sonder die belemmering van O 2 aan die Rubisco-ensiem kan bind en die normale ‘primitiewe’ C 3 -fotosintese vind dan in die chloroplaste van die skedeselle plaas. Die enigste boomspesie wat tot dusver ontdek is wat tot C 4 -fotosintese in staat is, is ’n Euphorbia. Die derde soort fotosintese wat deur sekere landplante uitgevoer word en waardeur CO 2 vooraf gekonsentreer word, word CAM-fotosintese genoem, kom in sekere vetplante voor en stel hulle in staat om in dor gebiede te groei. Die plante se huidmondjies is, in teenstelling met alle ander plante, bedags toe en snags oop. Die CO 2 kom die plante dus snags binne, word deur ’n karboksilase-ensiem in gewone selle gebind en die suur wat so ontstaan, hoop gedurende die nag in die selle op. Soggens, wanneer die son opkom, gaan die huidmondjies toe en die suur ontbind om CO 2 vry te stel. Die CO 2 kan nou nie ontsnap nie en die toe huidmondjies verhoed ook dat die plante bedags water verloor. Omdat die CO 2 -konsentrasie binne die plant soggens hoog is wanneer die son skyn, kan dit aan die Rubisco bind sonder belemmering van O 2 en die ‘primitiewe’ C 3 - fotosintese vind plaas in die chloroplaste van die blaarselle. Vetplante wat CAMfotosintese gebruik, groei baie stadiger as ander plante. Die epifitiese boom Clusia rosea is uitsonderlik deurdat dit CAM-fotosintese bedryf. Planne om die fotosinteseproses te manipuleer Die jongste planne behels om die CO 2 -‘pompe’ (spesiale proteïene) van ‘moderne’ sianobakterieë in die chloroplaste van plantselle in te bou. Twee van die pompe word deur ’n enkele geen gekodeer wat die plan dus heel uitvoerbaar behoort te maak met die hulp van moderne geentegnologie. Met die verhoogde CO 2 in die chloroplaste behoort Rubisco beter te funksioneer en sal plantproduksie sdoende opgestoot kan word. ’n Meer ambisieuse plan is om die gene vir mikrokompartemente wat CO 2 kan konsentreer (karboksisome) uit sianobakterieë te kry en na plantselle oor te dra. Karboksisome bestaan hoofsaaklik uit membrane wat sodanig uit proteïene opgebou is dat CO 2 moeilik daaruit kan ontsnap. Daarby bevat hulle pompe wat CO 2 aktief na binnedra. Die kuns is dus om die hele stel van nege gene wat vir karboksisome en meegaande ensieme kodeer, susksesvol na plantselle oor te dra sodat dit met die werking van die chloroplaste kan integreer. Die navorser Martin Warren en sy span het al daarin geslaag om kunsmatige mikrosome in die bakterie Escherichia coli in te bou en hulle dink dis haalbaar om ’n kunsmatige karboksisoom saam te stel. Nog meer ambisieus, en aansienlik moeiliker, is die plan om die hele battery gene wat vir C 4 - fotosintese benodig word, na gewone C 3 -plante oor te dra. Baie gene is hierby betrokke: gene vir sowel spesiale ensieme as vir anatomiese veranderings om dikwandige skedeselle om die vaatbondels te verkry. Navorsers het al daarin geslaag om die gene vir enkele van die spesiale C 4 -ensieme na rysplante oor te dra maar dit het nog geen toename in rysproduksie tot gevolg gehad nie. Die stikstof probleem Plante benodig groot hoeveelhede stikstof vir die fotosintese-masjinerie, en veral vir die sintese van die relatief groot hoeveelhede Rubisco-ensiem wat benodig word. Beperkte hoeveelhede stikstof in die vorm van nitrate, ammonium en urea kom egter in grond voor. Dit het aanleiding gegee tot nog ’n opwindende droom: om plante deur genetiese manipulering so te verander dat hulle die stikstofgas in die atmosfeer kan benut. Stikstof (N 2 ) is chemies ’n baie onaktiewe gas maar wat in groot hoeveelhede voorkom – amper 78% van die atmosfeer. Omdat stikstof so inert is, is dit moeilik om dit na ammonium of nitrate om te skakel. Wat so verstommend is, is dat geen plante dit nog op hulle eie kon regkry nie, behalwe in assosiasie met heel klein onsigbare IS BOME SWAK KOSMAKERS? review review mikroörganismes. Mikroskopies klein bakterieë (Rhizobium, Azotobacter, en ander) doen wat geen reuseboom nog op sy eie kon regkry nie. Peulplante, soos doringbome, kan in simbiose met Rhizobium-bakterieë wel stikstof bind. Die bakterieë word in knoppies op die wortels van peulplante aangehou maar die hele proses om die bakterieë in die wortelknoppies te huisves en in assosiasie met hulle stikstof te bind, is so ingewikkeld dat wetenskaplikes liewers wil probeer om die masjinerie vir N-binding uit die bakterieë te verkry en dit na die chloroplaste van blaarselle oor te dra. Die voordeel daarvan is dat chloroplaste alreeds verskeie van die ensieme bevat wat vir N-binding nodig is, sodat ‘slegs’ agt gene i.p.v. 20 gene van bakterieë na chloroplaste oorgedra hoef te word. Die nadeel is dat die binnekant van chloroplaste suurstof bevat, maar dat die hoofspeler in N-binding, naamlik die ensiem nitrogenase, slegs in ’n suurstof-vrye omgewing aktief is. Een oplossing vir die probleem sal wees om die bakterie Azotobacter se truuk uit te haal, naamlik om N-binding snags te doen wanneer fotosintese nie plaasvind nie. ’n Ander moontlike oplossing sou wees om die gene vir N-binding in wortels te laat funksioneer waar fotosintetiese suurstof nie ’n probleem behoort te wees nie. Daar is wetenskaplikes by universiteite, institute en by private firmas wat hard daaraan werk om al die drome te realiseer. Die vordering op tegnologiese gebied is so snel dat dit waarskynlik slegs enkele jare sal wees voordat voedselproduksie op bogenoemde innoverende wyses drasties verhoog sal word. En ons geliefde bome – hoe lank voordat hulle in wetenskaplikes se visier kom? Wel, eksperimentering word gewoonlik eers met vinnig-groeiende plante soos eenjariges en met krities-belangrike voedselgewasse soos rys uitgevoer voordat vrugtebome aan die beurt sal kom. Intussen bly die mensdom steeds afhanklik van die ‘primitiewe’ en ‘ondoeltreffende’ fotosinteseproses waardeur bome en alle ander groen plante op aarde groei en gedy en tot voordeel van die mensdom produseer. Verwysings: 1. Holmes, Bob. 2011. Billion-year upgrade. New Scientist, Feb., pp 42-45. 2. Wikipedia: Chloroplast. 3. Wikipedia: Endosymbiotic theory. 59 DENDRON » No/Nr: 43 » November 2011

DENDRON » No/Nr: 43 » November 2011

58

review

review

IS BOME SWAK KOSMAKERS?

naam as Rubisco afgekort is (Figuur 2). Rubisco werk

heel gaaf om die reaksie te kataliseer mits die CO 2 -

konsentrasie hoog is. Drie miljard jaar gelede, toe die

atmosferiese CO 2 -konsentrasie hoog was, sou Rubisco

dus goed in primitiewe sianobakterieë gefunksioneer

het. Die Rubisco ensiem vaar egter nie so goed

onder huidige atmosferiese toestande van ’n lae CO 2 -

en hoë O 2 -konsentrasie nie want die O 2 -molekule

kompeteer nou met die CO 2 -molekule vir bindplek

aan die ensiemmolekule. Weens die kompetisie

tussen CO 2 - en O 2 -molekule bind daar dus minder

CO 2 -molekule per sekonde aan die Rubisco-ensiem.

Boonop veroorsaak die binding van die O 2 -molekule

aan Rubisco dat afwykende reaksies (fotorespirasie)

plaasvind wat fotosintese minder doeltreffend maak.

Kan bome se fotosintese deur mutasies

verbeter word?

Veronderstel dat daar ’n ‘gunstige’ mutasie in die

chloroplaste van ’n blaar sou plaasvind waardeur ’n

beter Rubisco ensiem sou ontstaan. So ’n gunstige

mutasie kan ongelukkig nie na ander volwasse

blaarselle of na ander blare versprei nie want

chloroplaste migreer nie tussen selle nie. As die

blaar met die gunstige mutasie dus verouder en

afval, sal die mutasie verlore gaan. Om verskeie

redes is die kanse maar klein dat ’n gunstige

mutasie in enkele chloroplaste van ’n plant na ’n

nageslag oorgedra kan word.

Wat die vrylewende sianobakterieë in die oseane

en mere betref, is die situasie anders. Mutasies kan

makliker plaasvind, en ’n sianobakteriesel met ’n

gunstige mutasie kan geredelik aanteel en in groot

hoeveelhede voorkom. Dit is skynbaar wat 0.4 miljard

(400 miljoen) jaar gelede gebeur het. Op daardie

stadium het die CO 2 -konsentrasie van die atmosfeer

beduidend begin daal en ‘moderne’ sianobakterieë

het toe ontstaan wat daarby kon aanpas. Die

aanpassing het behels dat mikrokompartemente

in die sianobakterieë ontstaan het en daarby het

membraan-‘pompe’ ontwikkel wat CO 2 aktief in die

mikrokompartemente inpomp. Sodoende word ’n

hoë CO 2 -konsentrasie in die mikrokompartemente

verkry en kon die Rubisco-ensiem van die ‘moderne’

vrylewende sianobakterieë effektief funksioneer.

Kan landplante dan nie ook koolsuurgas

konsentreer nie?

Ja inderdaad beskik sekere landplante beskik wel

oor meganismes om CO 2 te konsentreer maar hulle

maak nie van CO 2 -‘pompe’ en mikrokompartemente

gebruik nie. Hulle is egter in die minderheid en

verreweg die meeste soorte plante maak nog van die

‘primitiewe’ proses (C 3 -fotosintese) gebruik sonder

dat die CO 2 vooraf gekonsentreer word. Die gewone

fotosintese word C 3 -fotosintese genoem omdat die

eerste stabiele fotosinteseproduk wat ontstaan, se

molekule drie koolstofatome lank is.

Sekere ekonomies belangrike landplante (suikerriet,

mielies, sorghum) beskik oor ‘n fotosinteseproses

(C 4 -fotosintese) waardeur CO 2 gekonsentreer word

en die soort fotosintese is eers in die sestigerjare

van die vorige eeu ontdek. Die blare van C 4 -plante

is anatomies aangepas om die konsentrering van

CO 2 moontlik te maak. Eerstens word die CO 2

doeltreffend in gewone blaarselle gebind deur

’n karboksilase-ensiem en dus nie deur Rubisco

nie. Die appelsuur of ander C 4 -verbinding wat so

gevorm word, word na dikwandige skedeselle

wat om die blaar-are gerangskik is, vervoer. Daar

word die C 4 -verbinding ontbind en word die CO 2

weer vrygestel. Die CO 2 kan nie maklik uit hierdie

dikwandige selle ontsnap nie en kom dus in hoë

konsentrasies daarin voor, waar dit dan sonder die

belemmering van O 2 aan die Rubisco-ensiem kan

bind en die normale ‘primitiewe’ C 3 -fotosintese vind

dan in die chloroplaste van die skedeselle plaas.

Die enigste boomspesie wat tot dusver ontdek is

wat tot C 4 -fotosintese in staat is, is ’n Euphorbia.

Die derde soort fotosintese wat deur sekere

landplante uitgevoer word en waardeur CO 2 vooraf

gekonsentreer word, word CAM-fotosintese genoem,

kom in sekere vetplante voor en stel hulle in staat om

in dor gebiede te groei. Die plante se huidmondjies

is, in teenstelling met alle ander plante, bedags toe en

snags oop. Die CO 2 kom die plante dus snags binne,

word deur ’n karboksilase-ensiem in gewone selle

gebind en die suur wat so ontstaan, hoop gedurende

die nag in die selle op. Soggens, wanneer die son

opkom, gaan die huidmondjies toe en die suur ontbind

om CO 2 vry te stel. Die CO 2 kan nou nie ontsnap nie

en die toe huidmondjies verhoed ook dat die plante

bedags water verloor. Omdat die CO 2 -konsentrasie

binne die plant soggens hoog is wanneer die son skyn,

kan dit aan die Rubisco bind sonder belemmering van

O 2 en die ‘primitiewe’ C 3 - fotosintese vind plaas in die

chloroplaste van die blaarselle. Vetplante wat CAMfotosintese

gebruik, groei baie stadiger as ander

plante. Die epifitiese boom Clusia rosea is uitsonderlik

deurdat dit CAM-fotosintese bedryf.

Planne om die fotosinteseproses te manipuleer

Die jongste planne behels om die CO 2 -‘pompe’

(spesiale proteïene) van ‘moderne’ sianobakterieë

in die chloroplaste van plantselle in te bou. Twee

van die pompe word deur ’n enkele geen gekodeer

wat die plan dus heel uitvoerbaar behoort te maak

met die hulp van moderne geentegnologie. Met die

verhoogde CO 2 in die chloroplaste behoort Rubisco

beter te funksioneer en sal plantproduksie sdoende

opgestoot kan word.

’n Meer ambisieuse plan is om die gene vir

mikrokompartemente wat CO 2 kan konsentreer

(karboksisome) uit sianobakterieë te kry en

na plantselle oor te dra. Karboksisome bestaan

hoofsaaklik uit membrane wat sodanig uit proteïene

opgebou is dat CO 2 moeilik daaruit kan ontsnap.

Daarby bevat hulle pompe wat CO 2 aktief na binnedra.

Die kuns is dus om die hele stel van nege gene wat

vir karboksisome en meegaande ensieme kodeer,

susksesvol na plantselle oor te dra sodat dit met

die werking van die chloroplaste kan integreer. Die

navorser Martin Warren en sy span het al daarin

geslaag om kunsmatige mikrosome in die bakterie

Escherichia coli in te bou en hulle dink dis haalbaar om

’n kunsmatige karboksisoom saam te stel.

Nog meer ambisieus, en aansienlik moeiliker,

is die plan om die hele battery gene wat vir C 4 -

fotosintese benodig word, na gewone C 3 -plante oor

te dra. Baie gene is hierby betrokke: gene vir sowel

spesiale ensieme as vir anatomiese veranderings om

dikwandige skedeselle om die vaatbondels te verkry.

Navorsers het al daarin geslaag om die gene vir

enkele van die spesiale C 4 -ensieme na rysplante oor

te dra maar dit het nog geen toename in rysproduksie

tot gevolg gehad nie.

Die stikstof probleem

Plante benodig groot hoeveelhede stikstof vir die

fotosintese-masjinerie, en veral vir die sintese van

die relatief groot hoeveelhede Rubisco-ensiem wat

benodig word. Beperkte hoeveelhede stikstof in

die vorm van nitrate, ammonium en urea kom egter

in grond voor. Dit het aanleiding gegee tot nog

’n opwindende droom: om plante deur genetiese

manipulering so te verander dat hulle die stikstofgas

in die atmosfeer kan benut. Stikstof (N 2 ) is chemies ’n

baie onaktiewe gas maar wat in groot hoeveelhede

voorkom – amper 78% van die atmosfeer.

Omdat stikstof so inert is, is dit moeilik om dit na

ammonium of nitrate om te skakel. Wat so verstommend

is, is dat geen plante dit nog op hulle eie kon regkry

nie, behalwe in assosiasie met heel klein onsigbare

IS BOME SWAK KOSMAKERS?

review

review

mikroörganismes. Mikroskopies klein bakterieë

(Rhizobium, Azotobacter, en ander) doen wat geen

reuseboom nog op sy eie kon regkry nie.

Peulplante, soos doringbome, kan in simbiose met

Rhizobium-bakterieë wel stikstof bind. Die bakterieë

word in knoppies op die wortels van peulplante

aangehou maar die hele proses om die bakterieë

in die wortelknoppies te huisves en in assosiasie

met hulle stikstof te bind, is so ingewikkeld dat

wetenskaplikes liewers wil probeer om die masjinerie

vir N-binding uit die bakterieë te verkry en dit na die

chloroplaste van blaarselle oor te dra. Die voordeel

daarvan is dat chloroplaste alreeds verskeie van

die ensieme bevat wat vir N-binding nodig is, sodat

‘slegs’ agt gene i.p.v. 20 gene van bakterieë na

chloroplaste oorgedra hoef te word. Die nadeel is dat

die binnekant van chloroplaste suurstof bevat, maar

dat die hoofspeler in N-binding, naamlik die ensiem

nitrogenase, slegs in ’n suurstof-vrye omgewing

aktief is. Een oplossing vir die probleem sal wees om

die bakterie Azotobacter se truuk uit te haal, naamlik

om N-binding snags te doen wanneer fotosintese

nie plaasvind nie. ’n Ander moontlike oplossing

sou wees om die gene vir N-binding in wortels te

laat funksioneer waar fotosintetiese suurstof nie ’n

probleem behoort te wees nie.

Daar is wetenskaplikes by universiteite, institute en

by private firmas wat hard daaraan werk om al die

drome te realiseer. Die vordering op tegnologiese

gebied is so snel dat dit waarskynlik slegs enkele jare

sal wees voordat voedselproduksie op bogenoemde

innoverende wyses drasties verhoog sal word.

En ons geliefde bome – hoe lank voordat hulle in

wetenskaplikes se visier kom? Wel, eksperimentering

word gewoonlik eers met vinnig-groeiende plante soos

eenjariges en met krities-belangrike voedselgewasse

soos rys uitgevoer voordat vrugtebome aan die

beurt sal kom. Intussen bly die mensdom steeds

afhanklik van die ‘primitiewe’ en ‘ondoeltreffende’

fotosinteseproses waardeur bome en alle ander groen

plante op aarde groei en gedy en tot voordeel van die

mensdom produseer.

Verwysings:

1. Holmes, Bob. 2011. Billion-year upgrade. New Scientist,

Feb., pp 42-45.

2. Wikipedia: Chloroplast.

3. Wikipedia: Endosymbiotic theory.

59

DENDRON » No/Nr: 43 » November 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!