02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

L. verruculosa, en L. Van‑Zylii, kom die soorte wat onder hierdie groep re

sorteer, almal noord van die Oranjerivier voor, en almal is ook bewoners

van Suidwes Afrika. Met uitsondering van L. divergens, word hul almal in

die omgewing van die Oranjerivier self aangetref.

II.‑FENESTRATAE.

Hierdie groep bevat die plante waarvan die topoppervlakte of heel temal

deurskynend is of deur helder, deurskynende vlekkies geperforeer is.

Ongelukkig Sal sekere soorte nie bevredigend met behulp van die

sleutel kan bepaal word nie. In dergelike gevalle moet gebruik gemaak word

van die portrette en gekleurde plate. In sommige gevalle is die verskille

tussen die soorte heeltemal duidelik as jy die plante voor jou het, maar dit

word haas onmoontlik om ’n woordelike beskrywing van hierdie verskille te

gee.

Ernst Rusch, ’n entoesiastiese versamelaar van sukkulente plante in

Suidwes Afrika, het gevind toe hy Lithops saailinge ondersoek het, dat ’n

mens hulle in twee groepe, wat duidelik van mekaar te onderskei is kan plaas,

nl.: (A) Die spleet is beperk in die vorm van ’n klein opening in die middel

van die twee blare, en (B) die spleet skei die twee blare geheel en al. Dinter

het hierdie reel uitgebrei tot die meer algemene een dat alle saaiplantjies met

’n ronde opening (Schlitzkeimlinge, Groep (A) ) aan soorte behoort wat wit

blomme het, terwyl die saaiplantjies met ’n spleet wat die twee blare skei

(Spaltkeimlinge, Groep (B) ) van plante is met geel blomme. Ongelukkig het

Dinter en Rusch net omtrent 28 van die destyds bekende soorte ondersoek en

dié was ook meestal net uit Suidwes Afrika. Die 28 soorte deur Dinter ge

noem en ondersoek moet heelwat in getal verminder word, want daar is heel

wat sinonieme onder hulle. Of hierdie reel, soos deur Dinter opgestel, kan toe

gepas word op alle soorte is ’n vraag wat verder ondersoek sal moet ophelder.

Dinter beweer dat die regte tyd om te bepaal of ’n saaiplantjie aan een

of ander van die bovermelde groepe behoort, is van die drieweekstadium tot

net voor die saadlobbe (eerste blare) opdroog.

Dinter gee die volgende lys van saaiplantjies wat Rusch en hy onder

soek het:

Groep A (geel blomme en saaiplantjie met ronde opening):

L. Comptonii, L. Dinteri, L. fulviceps, L. Franciscii, L. gracilideli‑

neata, L kuibisensis, L. kunjasensis, L. olivacea, L. pseudotruncatella

L. Ruschiorum, L. Schwantesii, L. urikosensis, L. Vallis‑Mariae.

Groep B (wit blomme, en spleet):

L. bella, L. Eberlanzii, L. Fulleri, L. karasmontana, L. optica.

Die sinonieme is weggelaat uit die lys soos deur Dinter gepubliseer.

Monatsschrift f/d. deutschen KAKTEEN Ges. Okt. 1932, Jhg. 4, Heft 10p.

Monatschrift > Monatsschrift; KANKEEN > KAKTEEN

48

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!