02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

uiters moeilik, wellig onmoontlik wees om vaste kenmerke te vind waardeur

hulle van mekaar kan onderskei word.

Dinter het probeer om ’n nuwe soort L. summitata te skep, wat, na

vermoeding in sekere opsigte verskil van L. karasmontana. Gestel dat ’n mens

Dinter se metode vir die bepaling van species van die genus Lithops aanvaar,

dan kan jy net so goed afsien van enige poging om die plante, wat daar onder

ressorteer, te klassifiseer of name te gee. In ’n portret deur homself afgeneem

en gepubliseer in Moeller’s Deutsche Gaertnerzeitung Nr. 27 (1927), p. 102 is

dit heeltemal duidelik dat daar twee soorte plante op dieselfde plaat verskyn

en albei noem hy L. summitata. Die plant heel links is bepaald donkerder

gekleurd in die induikings as die ander. Hy gaan voort deur te sê dat L. sum‑

mitata „hellgrau blau am Kegelteil” en L. karasmontana „tauben grau blau” is.

Dit veronderstel dat daar ’n definitiewe kleur „taubengrau blau” is, en hierdie

fyn verskille in die kleur kan onmoontlik nie gebruik word om soorte te on

derskei nie. Dr. Geyer, wat ook L. karasmontana en die sogenaamde L. sum‑

mitata versamel het, het op my versoek die kleurverskille as maatstaf geneem

en sy pasversamelde materiaal in net soveel groepe verdeel as wat hy kon.

Hy het sewe groepe gemaak, almal deur oorgangsvorme met mekaar verbonde.

Gestel dat die groepe weer verenig word, en iemand anders gevra word om

die plante uit te sorteer, sou dit uitloop op ’n verskillende groepering waar

die groepe nie dieselfde plante sal bevat as tevore nie. Dinter beweer dat die

gewig van die saad van L. summitata 0.072 mg. die van L. karasmontana 0.64

mg. is; maar dit is ’n drywery van die kuns om soorte van mekaar te onders

kei in die rigting van haarklowery. Na my oordeel is daar net één species, nl.

L. karasmontana, en ek het tot hierdie gevolgtrekking gekom nadat ek plante

ondersoek het wat uit elkeen van die twee woonplekke waar L. karasmontana

en L. summitata voorkom.

SLEUTEL OM DIE SOORTE TE BEPAAL

Alleen ’n kort woord is nodig met betrekking tot die sleutel wat hier

aangegee word. Soos reeds beweer, is die blom van geen nut in die bepaling

van ’n soort van hierdie genus nie. ’n Mens word derhalwe, teen jou sin ge

dwing om die aard en kleur van die topoppervlakte vir taxonomiese doelein

des te gebruik, hoewel dit besef word dat ’n sleutel waarin net een oorgaan,

en dit nogal die blaar, in aanmerking geneem word, nie volkome bevredigend

kan wees nie.

Die genus kan gerieflik in twee onderafdelings verdeel word: die Afe

nestratae en die Fenestratae.

I.—AFENESTRATAE

Hierdie groep sluit al die soorte in met ’n skynbaar deurskynende to

poppervlakte, hoewel laasgenoemde in werklikheid genoeg lig deurlaat vir

die groei van die plant. Behalwe L. Meyeri, L. turbiniformis, L. divergens,

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!