02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

enigermate vir taxonomiese doeleindes kan gebruik word nie. Dis waar dat

die kleur van die blom bruikbaar is; maar of hierdie kenmerke ’n genoegsame

of veilige leidraad is, sou ek nie wil ontken of bevestig nie. Dis wel bekend

dat die kleur van ’n blom dikwels afhang van die soort grond waarin die

plant groei. L. Helmuti is ’n baie definitiewe soort. Hy het soos reeds hierbo

vermeld ’n geel blom, en tog staan dit aangeteken dat daar ’n vorm voorkom

met wit blomme. Is iemand geregtig om alleen op grond hiervan ’n nuwe

soort te skep? ’n Ander beswaar teen die gebruik van die blomkleur vir die

vasstel ling van ’n soort is dat hierdie plante gewoonlik in die vegetatiewe

stadium aangetref word, en dit duur soms jare eer hulle blom. Ek het, der

halwe, die blomkleur vir taxonomiese doeleindes heeltemal uitgeskakel en het

verkies om die topoppervlakte van die blaar in plaas daarvan te gebruik. Ek

wil vir geen oomblik beweer dat die gekose kenmerk absoluut bevredigend is

nie,—maar wat is dan eintlik ’n bevredigende kenmerk ! Ons hele begrip van

soort is per slot van rekening gebaseer op ’n subjektiewe oordeel. Sommige

is van oordeel dat ’n soort gebonde moet wees aan ’n sekere kenmerk, wat

sekere gestelde perke nie moet oorskry nie, andere wil die kring wyer trek en

onder een soort verskillende plante insluit.

Die leser sal gemerk het dat ek glad nie of alleen by toeval melding

geinaak het van die grootte van die plante. Sover ek kan oordeel is daar net

een soort, L. Nelii, wat deur sy geringe grootte gekenmerk word. Die grootte

van ’n sukkulent hang tot ’n groot mate van die hoeveelheid water beskik

baar af. Is die watervoorraad gering, dan is hy verkrompeld en klein, terwyl

die plant na ’n reën heelwat groter is, en ’n mens sal beswaarlik glo dat dit

dieselfde verlepte plant is van ’n week of wat gelede. ’n Entoesiastiese liefheb

ber van Lithops het daarin geglo om sy plante water te gee. Toe hy my sy

versameling wys, het hulle so abnormaal groot gelyk, dat ek hulle glad nie met

’n Lithops kon vereenselwig nie; ek dag dat hulle Pleiospilos Bolusii was. Dis

vanself sprekend dat in hierdie genus grootte geen leidraad hoegenaamd vir die

bepaling van soorte kan wees nie.

Dinter en Tischer het probeer om nie minder as vier soorte uit L.

pseudotruncatella te maak me. Dinter het selfs sover gegaan om die sade van

L. pseudotruncatella te veeg en dis op krag o.a. van die saadgewig dat hy die

soort L. alpina geskep het. Na sy bevindings was die gewig van die individu

ele saadjies van laasgenoemde 0.118 mg. en 0.9 mm. lank; van eersgenoemde

0.226 mg. en 1.1 mm. lank. Hy het klaarblyklik vergeet dat die gewig van

’n saad ’n hoogs fluktueerende entiteit is, en dat daar geen einde aan die

soorte van hierdie genus sal wees nie, as jy dergelyke criterea son toepas nie.

Ek het etlike monsters van Dinter se L. alpine aan my laat aanstuur en het

toe gevind dat hierdie kleiner variant van L. pseudotruncatella Die tot een

besondere plek op die Ruschgebergte beperk is me, maar dat dit ook elders

voorkom. Tischer aan die anderkant het ’n nuwe species, L. Mundtii, beskryf,

enkel en alleen omdat die plante aldus genoem, groter was as wat L. pseudo‑

truncatella gewoonlik is.

45

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!