Lithops - Au Cactus Francophone
Lithops - Au Cactus Francophone
Lithops - Au Cactus Francophone
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
In die veld het ek al van tyd tot tyd ’n aansienlike aantal Lithops ge

sien. Heel selde het ek enige teengekom waaraan ’n dier gevreet het of selfs

spore dat stukkies weggeknubbel is. Die protagoniste van die mimiek leer sal

wil beweer dat dit juis is van hul standpunt, maar dis nog glad nie duidelik

teen watter diere hierdie plante hulself beskerm nie. Beskerming teen oor

tollige transpirasie is hoogswaarskynlik die rede van die insinking van die

plantliggaam in die grond. Hierdie plant kom dikwels enkel voor, en sou vir

enige dier, hoe klein ook al, nie veel beteken as voedsel nie. Dikwels vind

’n mens Lithops species verskuil onder bossies of Aalweë, (L. Bromf ïeldii). L.

Lesliei aan die anderkant groei in grasveld en is in die somer en winter tot

so’n mate met gras bedek, dat ’n klomp plante nie sigbaar is nie. Myns in

siens word die mimiek verskynsels wat by hierdie plante voorkom veels te veel

oordryf. Marloth verwys in sy „Stone Plants” na Didymaotus lapidiformis as ’n

goeie voorbeeld om die mate van ooreenstemming tussen hierdie plante en

hul omgewing, te illustreer. My ondervinding is dat na die eerste waarneming

van Didymaotus lapidiformis in die veld, dit later op ’n afstand 16 tree kan

herken word. Dit is ’n groot afstand as in ag geneem word dat hy maar 1 2

duim in deursnee, en nie meer as ’n half duim hoog is nie. Selfs Lithops

species is nie, soos soms beweer word, altyd moeilik om te vind nie. Dit hang

alles daarvan af in watter groeistadium hy verkeer, of hy kort tevore reën

gehad het, en of die persoon ’n geoefende waarnemer is. In tye van droogte

is die boonste oppervlakte van die plant gelyk met die droë, stowwerige grond

en boonop bedek met ’n dun lagie stof, of los grond korreltjies dieselfde

kleur as dié van die plant. Dit spreek vanself dat hulle dan beswaarlik ontdek

word.

Natuurlik, die vraag waarom hierdie plante beide in vorm en kleur soos

Mille omgewing lyk, is nie beantwoord nie en m.i. sal hierdie antwoord nog

lank skuldig bly. Of die vraag ooit sal opgelos word is baie twyfelagtig. Dit is

natuurlik baie maklik om op die Pegasus van die verbeelding te styg en dan

sonder om rekening te hou met die werklikheid ’n oplossing te vind. Daar is

mense wat allerlei onsigbare en geheimsinnige strale of invloede, wat van die

omgewing uitgestraal word en dan bewerkstellig dat die lewewese sy vorm of

kleur of beide aanneem postuleer. Op dié wyse, verlaat ’n mens die terrein van

die natuurwetenskap, want dié is gebaseer op die eksperiment. Waarom b.v.

L. Lesliei roesbruin is, as dit in die rooierige grond afkomstig van verweerde

ysterklip groei en L. gracilidelineata weer wit agtig is en lyk soos die kwarts

klippetjies van sy omgewing is ’n onopgeloste raaisel. Wat my betref verkies

ek om met du Bois Reymond te sê „ignorabimus”, as om allerlei fantastiese

verklaringe aan te neem.

44

DIE PROBLEEM OM DIE SOORTE VAN DIE

GESLAG TE BEPAAL

Die vasstelling van soorte van hierdie genus word bemoeilik deur die

feit dat die blomme van die verskillende soorte so min varieer dat hulle nie