02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

these occasions the plants are covered with mud, and even by the trained

eye of a botanist cannot be discovered for weeks. Later on, the surface mass

of this mud breaks to pieces, generally in hexagonal pieces, the edges curve

away from the soil, and in the fissures first the plants can be seen. Still later

the whole surface crust breaks to pieces and you can again find the plants. I

think that something similar happens to L. Aucampiae or sub species, which

I found long ago in the alluvial ground of Bechuanaland. I visited the other

day a new habitat of L. salicola, about a fortnight after rain, and we had

trouble to see a few plants, although the owner told me that there were many

and we were five people to look for them.” Tot sover Dr. Henrici. Ek het

dieselfde plek persoonlik besoek aan die begin van die reëntyd (November

1942), en in die pan het die plant by die duisende gestaan. ’n Mens kon

nergens jou voet neersit sonder om op een van die groot klompe te trap me,

sommige waarvan uit 10–20 plantliggame bestaan het en tog kon Dr. Henrici

nouliks enige daarvan raaksien na ’n reën. Die pan self lê heeltemal in die

slag van die heersende winde, en deurdat hy taamlik gelyk is, is dit maklik te

begryp dat die wind van die water oor die plante son dryf, wat op die water

rand staan. Reën dit dan ’n bietjie meer sal die pan heeltemal onder water

wees. In die winter is hy gewoonlik droog. Uit bogemelde moet nie afgelei

word dat L. salicola tot hierdie panne beperk is nie. ’n Ander woonplek nie

ver van Lückhoff nie, is aan die voet van ’n koppie ontdek, waar die grond

’n taamlike steil opdraende vorm en uit kalkklip bestaan. Hierdie woonplek

is dus baie droër as die hierbo beskryf, en tog was hier talle van L. salicola

te sien.

MIMIEK

Didymoatus > Didymaotus

Heelwat is al geskryf oor mimiek oor die algemeen, en in hierdie ver

band is veral verwys na sekere Aizoeceae, nl. Didymaotus lapidiformis, Lithops,

Titanopsis, ens. Ek wil my graag bepaal by die genus Lithops. Dis al daarop

gewys dat hierdie plante in droë weer tot so’n mate in die grond ingebed lê,

dat daar net ’n baie klein deeltjie bo die oppervlakte uitsteek. Dis egter alleen

waar tot ’n sekere mate, want ingeval die planttrosse uit 5–15 plantliggame

bestaan, dan kom hulle ho die grondoppervlakte te lê. Of die klompe in die

grond ingesink sit en of hulle ho die oppervlakte uitgelig is, hang geheel

en al af van die hoeveelheid vogtigheid in die grond. In die droë tye van

die jaar is die plante ingekrimp, effens met sand of stof bedek in die grond

weggesink. Na ’n goeie reën is hulle uitgeswel, steek ho die oppervlakte uit

en kan maklik gesien word. In die droë toestand sal die oningewyde oor

hulle stap, sonder om hulle te merk. Soms sit hulle in kalkgruis of tussen

klein ronde vuursteenklippies, en kan nie maklik raak gesien word me. Ek het

eenmaal ’n portret gemaak van Lithops gracilidelineata naby Pforte, S.W.A.,

en ’n goeie en groot kamera daarvoor gebruik. Die plant het tussen ronde

vuursteenklippies gestaan en ’n trapsoetjie wat in die gesigsveld was, kon ek

gebruik as ’n soort baken; maar na die negatief ontwikkel was, kon ek die

plant nie bespeur nie, selfs na ek dié keer op keer en nog weer ondersoek het.

43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!