02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Luckhoff > Lückhoff

300–350 myl. Een gevolgtrekking wat hieruit voort vloei is dat hierdie soort

dusver aan die Suidkant van die Beaufort Wes vlakte gebly en nie na die

sentrum toe deurgedring het nie.

L. gracilidelineata is ’n ander soort wat oor ’n afstand van 200 myl ge

vind word. Hy verskyn te Pforte (Swakopmund), dan weer naby die Brand

berg en vandaar tot by Franzfontein naby Outjo, die verste punt noord

waarts wat hy bereik het.

Met dié uitsondering van ’n paar Suidwes Afrikaanse soorte het die

meeste species van hierdie genus mekaar nie in hulle verspreiding omvleuel

nie. In die uitgebreide gebied waar L. Lesliei , L. terricolor en L. pseudotrunca‑

tella onderskeidelik voorkom, word geen ander soort aangetref nie. L. divergens

is die enigste soort wat oor ’n oppervlakte van nagenoeg 500 vk. myl, in die

sg. Knersvlakte (Van Rhynsdorp) gevind word; sodra ’n mens in die nabyheid

van die Loeriesfontein hoogland kom, maak L. Otzeniana sy verskyning. Soos

reeds vermeld kom L. pseudotruncatella op die Rusch gebergte voor. ’n Ander

soort L. Triebneri groei in die Tiras berge, Suidwes Afrika, op ’n hoogte van

2210 meters.

L. Nelii het ook ’n vry uitgestrekte verspreiding, maar sy verskillende

woonplekke is min of meer van dieselfde aard en is tot ’n gebied waar dit

selde reën, beperk. Dit kom voor in ’n smal strook 3–35 myl breed, wat paral

lel loop met die kus vanaf Kaap Cross tot aan die mond van die Ugabrivier.

Hierdie Lithops soort is na verwant aan L. Ruschiorum, maar verskil van hom

deurdat hy alleen in brakgrond met ’n bedeksel van los, ronde wit kwarts

(vuursteen) klippies, terwyl L. Ruschiorum saam met Crassula mesembryan‑

themopsis en Anacampseros quinaria op rooi kwartsiet (vuursteen) randjies

voorkom. Sy wortels kom horisontaal te lê, terwyl dié van L. Ruschiorum ver

tikaal loop. Aangesien L. Nelii in ’n baie dor deel van die land groei, ’n deel

waar dit selde reën, moet die wortels so na moontlik aan die oppervlakte lê

om alle vogtigheid hoe min ook al, wat die grond in die vorm van mis of

don bereik, te kan absorbeer. Dit skyn dat hierdie plant ’n baie hoe ouder

dom bereik. Klompe is al gevind waaraan die oorblyfsels van me minder as

150 droë plantliggame vassit nie. As ’n mens aanneem dat deur aanwas ’n

nuwe plant elke jaar ontstaan het as gevolg van die heersende swaar mis oor

hierdie deel van die kus, dan sou so’n plant ongeveer 150 jaar oud wees. Heel

waar skynlik is die plante nog heelwat ouer, want dit gebeur dikwels dat daar

gedurende sekere jare geen aanwas plaasgevind het nie.

Die woonplek van L. salicola verdien vermelding. Hierdie plant groei

in die omgewing van Lückhoff, en sover bekend op drie verskillende plekke,

twee waarvan min of meer eenders is. Dr. Henrici van Fauresmith het my

goedgunstiglik die volgende besonderhede oor een van die plekke gegee: „L.

salicola grows wherever I have seen it, on the edge of brak pans, not in their

middle, that is to say, at a place where the brak is not yet too concen trated.

These pans are probably a few days under water after heavy showers. On

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!