02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

L. pseudotruncatella het ’n taamlike uitgestrekte verspreidingsgebied en

kom oral op die hoer gelee vlakland van die Khomas plato naby Windhoek,

sy duidelike uitloper en op die Erosgebergte, S.W.A., en sy uitlopers. Hierdie

gebied beslaan ’n oppervlakte van meer as 5000 vk. myl. Op Rusch Peak

’n bergspits 2420 meters hoog, en in die middel van die Suidgrens gelee,

kom L. pseudotruncatella ook voor. Dinter het dit as ’n apart soort L. alpina

Dtr., beskryf, maar dit is klaarblyklik ’n dwergvorm van L. pseudotruncatella.

Die bergagtige Khomas en Eros hoogland word deur die Windhoek vlakte

onder breek. Laasgenoemde lê ongeveer 1600 meters, terwyl eersgenoemde

van 1800–2000 meters ho die seespiël lê. In die Windhoek vlakte kom geen

species van Lithops voor me. L. pseudotruncatella is min of meer beperk tot

hoogtes van meer as 1800 meters.

Hierdie soort word ook op die Suidelike van die Khomas plato tot by

Friedenthal in die Weste aangetref, en bereik selfs die Namibgrens. Suid waarts

is dit al ter hoogte van omtrent 1400 meters aangetref. L. pseudo truncatella

kom ook voor op die oostelike uitlopers van die Khomas plato. Te Kranzneus

aan die suidelike uitloper van die Auas berge is hy ook volop op ’n hoogte

van 1750 meters.

L. pseudotruncatella het sy verspreidingsgebied al langs die suid oos

telike uitlopers van die Khomas plato uitgebrei tot by Klein Windhoek, en

van Klein Windhoek verder ooswaarts na Oude Karemba, Seeis, vandaar na

Witvlei tot by Heather Bell aan die Swart en Wit Mossop, 15 myl van Go

babis. Die verste noordelik punt wat hy in Suidwes Afrika bereik het, lê in

die Waterberg gebergtes. Sy woongebied beslaan ’n groot oppervlakte daar hy

van die Khomas plato die verspreidingsentrum, min of meer in alle rigtings

verspreid geraak het. L. pseudotruncatella het nie alleen ’n uitgebreide hori

sontale verspreiding nie, maar dit is een van die weinige soorte wat hulle

hoog (2420 meters) op die Rusch gebergtes naby Lichtenstein gevestig het.

Hy kom op die Khomas plato voor op ’n hoogte van byna 2000 meters, en

straal vandaar uit tot by Witvlei naby Gobabis. Hy is al in die bekken van

die Nossop gevind, ’n rivier wat suidwaarts en later in die Oranjerivier vloei.

Waterberg, naby Otjiwarongo, is die noordelike uithoek.

Die verspreiding van L. terricolor is uiters belangwekkend. Hierdie soort

is min of meer eweredig versprei oor die kontinentale vlakte by Beaufort Wes,

hoofsaaklik tussen die Nuweveld en die Swartberge. Hy kom voor te Laings

burg en Prins Albert, en het noordwaarts nie verder gekom as tot in die

nabyheid van Beaufort Wes nie. Van Prince Albert af is sy verspreidings gebied

al langs die voet van die Swartberge en dan in ’n suidelike rigting na Wil

lowmore en Millerstasie om eindelik ’n punt 2000 voet hoog te bereik in die

Springbokvlakte net oos van die Hanekam. Dit skyn dat hy in sy uitbreiding

suidwaarts gestuit geword is deur ’n uitloper van die Outenikwa berge. Hier

die soort is een van die weinige in die Kaapprovinsie wat klaarblyklik inslui

ting in die dreineringsgebied van die Oranjerivier vrygespring het, en hy vorm

’n klas van sy eie. Van Laingsburg af na die Springbokvlakte is dit nagenoeg

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!