02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

westekant van Suid Afrika liet die genus in sommige gevalle inderdaad die

seekus bereik: L. optica kont te Lüderitzbucht voor in die onmiddellike naby

heid van die see; L. Herrei, naby die see te Alexanderbaai, en L. Nelii nie ver

van Kaap Cross, S.W.A., af nie.

Uit bogemelde is dit duidelik dat hierdie genus tot ’n oppervlakte be

perk is, wat ten noorde deur breedtegraad 20° S. en ten suide deur breedte

graad 33° S. begrens word; die uiterste oosgrens is lengtegraad 28° O., en

die wesgrens die see. Soos later sal beskryf word, lê die vernaamste ver

spreidingsentrum aan die weskant van Suidelike Afrika. In die hele sentrale

gedeelte van hierdie gebied, die sogenoemde Kalahari, is hierdie plante tot

nog toe nie aangetref nie, hoewel L. pseudotruncatella by Gobabis, Suidwes

Afrika tot aan die rand van die Kalahari, L. Aucampiae van die suide af tot

in Postmasburg en L. Lesliei in die nabyheid van Vryburg voortgedring het.

Die verste punt suidwaarts wat die genus bereik het, is die Springbokvlakte

(L. terricolor) naby Port Elizabeth. Hoewel verspreiding van die genus oor

die algemeen oor ’n wye gebied strek, is sekere soorte blykbaar tot ’n klein

gebiedsoppervlakte beperk. Dis waarskynlik nog te vroeg out bieroor die een

of ander stelling neer te lê, want Lithops species groei in die allerdroogste en

mees ontoeganklike dele van die Suid Afrikaanse vasteland. In weerwil van

langdurige en sistematiese soektogte deur geskoolde versamelaars sal dit waar

skynlik nog baie jare duur, eerdat alles in verband niet die verspreiding van

die genus bekend is. Dusver is nuwe soorte en ’n nuwe woonplek van reeds

bekende soorte deur blote toeval ontdek, want dis baie moeilik om sommige

soorte raak te sien, behalwe na ’n onlangse reën.

(2) ’n Merkwaardige verspreidingskenmerk van die genus is dat dit

klaarblyklik binne die bekken van die Oranjerivier en sy vermenigvuldigde

bylope ideale toestande vir sy ontwikkeling gevind het. Hy kont voor in die

bekken van die Vaalrivier en langs dié van die Nossop tot by Windhoek, en

ook langs die bekken van die Visrivier wat deur Suidwes Afrika suidwaarts

vloei. Ongeveer driekwart van die soorte kom voor in die bekken van die

Oranjerivier en sy bylope. Die gebied van Upington af weerskante van die ri

vier tot by sy mond kan beskou word as die middelpunt van sy ontwikkeling.

L. salicola kom in die omgewing van Lückhoff, O.V.S., voor, binne 13 myl

van die Oranjerivier. ’n Baie interessante verskynsel is dat die rooi gevlekte

of gespikkelde soorte hoofsaaklik tot die noord al beperk is. Soos bekend, is

L. Dorotheae en L. Inae die enigste soorte wat na die suidekant toe oorgekom

het. Hulle het egter taamlik dig by die rivier gebly en kom nie op plekke ver

daarvandaan voor nie.

Word die verspreiding van L. Lesliei ondersoek, dan vind ons dat hy

hom langs die bekken van die Vaalrivier van Vereeniging af, oor Klerks

dorp en Venterstad tot by Warrenton uitgebrei het, terwyl die uitloper naby

Bethlehem op ’n byloop van die Vaalrivier gevind word. Hierdie species kom

ook naby Senekal en te Verkeerde Vlei, O.V.S. voor, twee plekke wat in die

dreineringsgebied lê van die Vaalrivier.

40

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!