02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

33 S > 33° S

puntig wees. Hulle is 3 tot 4 millimeters lank en ongeveer net so breed. Die

rand van L. Otzeniana is tipies van hierdie species, en die leser word na die

betref fende portrette verwys, sommige waarvan geneem is van die plant in sy

natuurlike woonplek; (iii) die raad van L. Erniana het ons alreeds leer ken,

en die leser word verwys na die beskrywing en gekleurde tekeninge daarvan;

(iv) die rand van L. Aucampiae is effens rooiagtig; (v) by L. Fulleri kom ook

donker dele voor, maar hulle is meer opvallend as dié by L. Aucampiae.

In die reel is die rand in mindere of meerdere mate ingekerf, hoewel

die binnerand by sommige soorte, by L. olivacea byvoorbeeld reguit en son

der kentekens is. In baie gevalle het die inkerwings in die rand gelei tot die

vorming van lobbe; soms is hierdie lobbe taamlik groot en kom baie na aan

tande. Die lobbe lê tot in die venster uitgestrek en het gedeeltelik of in die

geheel van die liggaam van die plant geskei geraak, daardeur het hul soos

eilandjies van verskillende vorms en grootte in die venster te lê gekom.

In sommige soorte (L. Dinteri) is daar ’n smal strookie (l–2 mm. breed)

wat anders gekleurd is as die res van die top. By L. Dinteri loop hierdie band

heeltemal rondom die venster, en is lig geelbruin terwyl die topoppervlakte

oranje geel gekleurd is.

GEOGRAFIESE VERSPREIDING

In ’n ondersoek gewy aan die verspreiding aan die genus Lithops trek

die interessante feite soos in die volgende paragrawe uiteengesit dadelik die

aandag:—

(1) Aan die Weskant van Suid Afrika is Franzfontein (breedtegraad 20°

Suid) naby Outjo, Suidwes Afrika, die mees noordelike punt wat die genus

Lithops (Lithops gracilidelineata) in sy verspreiding noordwaarts bereik het,

terwyl hy aan die ooskant daarvan nie verder as Pretoria (breedtegraad 25°

45´ S.) gekom het nie (L. Lesliei).

L. terricolor is die enigste species wat die verste suidwaarts gemigreer

het. Dis interessant om daarop te let dat hierdie soort uit verskeie plekke

(Laingsburg, Steytlerville en Springbokvlakte naby Port Elizabeth) vermeld

word en hoewel Laingsburg en Port Elizabeth honderde myle van mekaar is,

is dit almal plekke wat nagenoeg net suid lê van breedtegraad 33° S. Klaar

blyklik is daar die een of ander faktor wat die verspreiding van die species

aan of nader aan die see verhoed het.

Pretoria (lengtegraad 28° 12´ O.) en Bethlehem (lengtegraad 28° 16´

O.) is die twee mees oostelike geleë punte wat die genus in sy verspreiding

oos waarts bereik het. Dusver is Bethlehem die verste ooswaarts geleë woon

plek van die genus, wat vermeld word. Hier weer staan ons voor die eienaar

dige verskynsel dat ’n enkele species (L. Lesliei) ’n sekere lengtegraad in sy

ver spreiding bereik het, en klaarblyklik nie in staat was om hom oor die grens

verder ooswaarts te versprei nie. Met betrekking tot die verspreiding aan die

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!