02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

val van ’n plant soos bv. L. pseudotruncatella, sal dit die binneste deel van

die plantliggaam nie bereik nie, maar by L. fulviceps sal hy die plant van

binne verlig mits die blaar uitgeswel is.

As die helder spikkels of miniatuur vensters eers eenmaal tot ont

wikkeling gekom bet op die oppervlakte, dan sal mettertyd ook die deur

skynende venster verskyn. ’n Mens kan sonder meer waarneem, hoe hierdie

helder spikkels by L. terricolor al groter en groter word en eindelik onderling

met mekaar verbind raak. Die gevolg van geleidelike toename in grootte van

die deurskynende kolletjie of vlekkie sal uitloop op die vorming van ’n groot

ononderbroke venster.

Die venster in plante soos L. bella, L. Aucampiae, L. Otzeniana het skyn

baar op ’n effens ander wyse tot stand gekom. In hierdie besondere groep is

helder spikkels nie gevorm nie, maar die ondeurskynende bedeksel liet langs

amerhand deurskynend geword. Op sekere bepaalde plekke het deur skynende

strepies of vlekkies ontstaan en deur hulle verbinding met mekaar het hulle

eventueel groot vensters geword. In sommige gevalle het ondeur skynende dele

soos eilandjies in die deurskynende plekke agtergebly. ’n Onder soeking van

die venster van L. Franciscii, L. Lesliei en L. Venteri bring aan die lig dat die

half deurskynende bedeksel van die venster in hierdie drie gevalle langsamer

hand deurboor word. Klein ronde kolletjies het reeds vry geword en maak die

onderliggende venster si baar.

Die Grootte van die Plante. Die deursnee van die blare verskaf ons nie

’n waardevolle maatstaf van taxonomiese doeleindes me want dit verander al

na die hoeveelheid water wat die plant tot sy beskikking het.

38

DIE SOOM

Ons kan aanneem dat die topoppervlakte van die blare ’n sirkel vorm

en die spleet tussen hulle, die deursnee. Die deel van die rand al langs die

spleet is gewoonlik reguit en kan die binnerand of binnesoom genoem word,

en die halfsirkelvormige deel kan geriefshalwe as die buiterand of buitesoom

beskryf word. By heelparty plante (L. Ruschiorum, L. gracilidelineata, L. turbi‑

niformis) is die hele topoppervlakte ongedifferensieerd, daar dit egaal gekleurd

is en die tekstuur van so’n aard is dat ’n definitiewe rand nie kan onderskei

word nie. Die venster van baie soorte en veral die groot oop venster van

sommiges het ’n duidelike omranding. Die omranding is in die reel nie van

groot taxonomiese waarde nie, hoewel dit ’n spesifieke kenmerk is van sekere

plante, en ’n mens in staat stel om die soort te bepaal. By die volgende soorte

kom ’n duidelike, eiesoortige rand voor: (i) L. optica kom die binnestreep en

buiterand by die twee eindpunte van die spleet bymekaar, kenmerkend is die

ontwikkeling by hierdie soort van ’n deurskynende driehoek met apeks na

ondertoe gekeer; (ii) by L. Otzeniana is die rand deur inkerwings opgesplits

in lobbetjies waarvan 10–12 in die buite en 4–6 in die binnerand voorkom:

’n lobbetjie kan onreëlmatig, driehoekig, effens langwerpig, stomp of skerp

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!