02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die top wat die venster bevat, af te sny en teen die lig te hou, sodat lig deur

die venster kan straal; die venster kan ook heeltemal deurskynend wees, daar

baie min van die invallende lig teruggelion word. Die venster kan groen of

verskillend gekleurd wees. L. optica var. rubra vorm ’n klas van sy eie, want

by hom het die topoppervlakte ’n egalige rooiagtige pers kleur. Hierdie plant

kom onder die gewone L. optica voor wat ’n taamlike deur skynende venster

besit. Ongelukkig was sy saad nie verkrygbaar nie en dus onmoontlik om

hierdie interessante variëteit verder te ondersoek.

Ten opsigte van die eienaardigheid van die venster kan daar vier ven

stertipes onderskei word (i) turbiniformis groep, waar die venster oënskynlik

ondeurskynend is daar dit baie min lig deurlaat (L. turbiniformis, L. Ruschio‑

rum, L. gracilidelineata); (ii) die fulviceps groep, waar die grootste deel van die

venster oënskynlik ondeurskynend is, maar in die ondeurskynende bedeksel is

’n aantal uitstaande deurskynende papille (miniatuurvenstertjies) waarneem

baar (L. fulviceps) (iii) die olivacea groep, waar die vernaamste deel van die

venster heeltemal deurskynend is (L. olivacea, L. optica, L. salicola; (iv) die

pseudotruncatella groep, waar die venster ’n ondeurskynende of halfdeursky

nende bedeksel bet wat deurspek is met ’n groot aantal helder, ronde kolletjies

(miniatuur venster) wat waterpas met en in die weefsel ingebed lê. Dit blyk

dus dat ronde kolletjies (miniatuur vensters) by die fulviceps en pseudotrunca‑

tella tipes voorkom, maar by eersgenoemde is hierdie kolletjies konveks, en

hulle staan ho die oppervlakte uit as die blaar uitgeswel is, by laasgenoemde

is hulle gelyk (waterpas) met die oppervlakte. In sommige gevalle, soos by L.

Schwantesii byvoorbeeld is hulle blonagtig groen.

Denkbaar het die topoppervlakte van die blaar in twee definitiewe en

verskillende rigtings ontwikkel. Die vraag is nou: wat was die oorspronklike

toestand. Dis waarskynlik dat die ondeurskynende venster soos dit by L. Ru‑

schiorum en L. turbiniformis aangetref word ’n primitiewe toestand daarstel,

en dat die ontwikkeling van die miniatuur venster van later datum is. Op die

doeltreffendheid van laasgenoemde het ons alreeds gewys.

Met hulle ontwikkeling het die deurskynende vlekkies en kolletjies

blyk baar die ondeurskynende oppervlakte op sekere bepaalde punte deurdring.

Hulle verdere ontwikkeling het in twee rigtings gegaan: skynhaar is dit twee

aparte rigtings; by nader ondersoek, egter, blyk dit dat hulle nou niet mekaar

verbonde is. Dis heeltemal denkbaar dat die gehalte van die ondeurskynende

oppervlakte langsamerhand so verander het dat dit op sekere punte geredelik

’n bietjie meer lig deurgelaat het as op andere dele daarvan. Die geleidelike

toename in grootte en deurskynendheid van sulke vlekkies is dan net ’n kwes

sie van tyd. Op ’n latere ontwikkelingstadium het hierdie helder spikkels bo

kant die oppervlakte te lê gekom en ’n invallende ligstraal wat op die opper

vlakte van so’n papil val, met ’n invalshoek van minder as 90°, sal so gebuig

word, dat dit in die blaar indring. Hierdie papil is dan soos ’n konveks lens.

’n Ligstraal laat in die agtermiddag, wat byna parallel op die oppervlakte

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!