02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die belangrike rol wat kleur in die bepaling van ’n soort speel, moet

nie onderskat word nie, maar dit skyn dat sommige outeurs ’n te groot waarde

aan hierdie elenskap geheg het. Nie alleen vind ’n mens dat die kleurintensiteit

van die volwasse plant varieer en dat hy minder of meer gekleurd kan wees

nie, maar tussen die jong plant en dieselfde plant op ’n later stadium is daar

so ’n aansienlike verskil in voorkoms, dat ’n mens hulle allig as aparte species

kan beskou.

Die wat rooi vlekkies het, is geneig om die vlekkies te verloor, of

die intensiteit van die rooi kleur mag so verander het, al na die blare ouer

word, dat ’n mens beswaarlik kan aanneem dat die plante spesifiek identies

is. Dikwels word die half deurskynende, donkergroen gespikkelde plekkies, of

die half deurskynende, blougroen miniatuur venstertjies vervang deur swart of

donkerder kolletjies. Hierdie veranderings vind in die blaar plaas, en word

teweeggeroep deur die wegkwyning van die blare en, as gevolg daarvan, die

vorming van ontbindings stowwe wat normaal in die plant nie voorkom nie.

As iemand ’n poging son maak om al hierdie veranderings en variasies

op skrif te stel, dan sal die leser uit die beskrywings nie veel wyser word

nie. Trouens hy sal bom beswaarlik ’n beeld kan voorskilder van die werklike

kleur van die top.

Dit is leersaam in hierdie verband wat Dinter jare gelede geskryf bet

toe daar nog maar net twee en twintig soorte beskryf was. „Würde ich alle

22 Arten in gleichwertigen lebenden Stücken in einer Reihe einem nicht

gar zu krassen Laien vorlegen, so würde er alle 22 Arten als wirklich unter

scheidbar auseinanderzuhalten verstehen. Lege ich ihm aber die entsprechen

den erst klassigen Photographien der 22 vor, so wird er nur etwa die reichliche

Haelfte derselben als verschiedene Arten erkennen, waehrend er versucht sein

wird, den Rest auf die von ihm wirklich erkannten als mit diesen identisch

zu verteilen. Liest er aber nur die 22 beschreibenden Texte, ohne die dazu

gehörigen Bilder gleichzeitig an sehen, so wird er es in der ganz sicheren Er

kennung der Arten wahrscheinlich auf nur vier (L. Ruschiorum, optica, Dinteri,

Vallis‑Mariae) bringen, etwa 4 weitere wird er mit einein verbleibenden Rest

von Zweifel bestimmen und etwa 15 wird er gar nicht bestimmen können.”

Kleur is per slot van rekening ’n subjektiewe waarneming, en die be

paling van kleur deur verskillende persone is baie uiteenlopend, derhalwe is

dit uiters moeilik om die kleure, wat in die genus Lithops voorkom so te

beskryf dat ’n mens uit die beskrywing ’n natuurgetroue beeld kry van die

kleur van die topoppervlakte. Skrywer hiervan bet ’n poging gemaak om die

kleur deur middel van kleurkaarte te bepaal, maar by moes dit staak want die

een dag son by op ’n sekere kleur besluit, slegs om die volgende dag ’n gans

ander kleur in dieselfde plant te vind. Dinter het dieselfde ervaring gehad.

Sy bevinding was dat ’n mens wel die algemene aard van die kleur, soos geel

byvoorbeeld kan bepaal maar daar kom so baie skakerings van hierdie kleur

35

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!