02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

in hulle natuurlike woonplek, is plante ook al teengekom met ’n effens kon

kawe voorkoms. So’n vormverandering val min of meer saam met ’n rusperiode

tydens of na ’n langdurige droogte, wanneer hulle bul ingekrimp en tot onder

die oppervlakte teruggetrek bet. Wanneer hulle hierdie stadium bereik bet, dan

is dit baie moeilik om hulle op te spoor, want hulle lê min of meer bedek

onder, ’n dun laag stof en is dus maar ten dele sigbaar; nog meer, sy kleur

kan noueliks onderskei word van dié van die lagie sand wat bom bedek.

Word bierdie plante dwarsdeur die jaar gekweek in plekke byvoorbeeld

in Europa, Wes Kaapland of naby die kus waar die relatiewe humiditeit boog

is, dan is bul geneig om langer te word en bokant die oppervlakte uit te

steek. Vorm en voorkoms is dan heeltemal anders as die gewone. In sulke

gevalle moet ’n mens baie omsigtig te werk gaan, as jy die species van ’n

plant wil bepaal op grond van die graad van sy konveksiteit of van enige

ander ken merke, want dit kan wees dat hulle onder ’n gewysigde omgewing

baie uitgeswel en ronder geword bet.

Die top is gelyk of in mindere of meerdere mate gerimpeld. Die twee

uiterste gevalle L. turbiniformis en L. verruculosa, waar die hele top sterk

geplooid is, sodat die oppervlakte in talryke kronkelende aanmekaar verbonde

bindings en groewe verval het. Plante soos L. olivacea het ’n gelyke opper

vlakte. Aan die anderkant weer is L. salicola, waar die oppervlakte gewoonlik

gelyk is maar ook in mindere of meerdere mate gerimpeld kan wees. Om ’n

juiste beeld van al die verskillende wysings van die topoppervlakte aan die

leser voor te skilder, sal dit nodig wees om ieder afsonderlike species opnuut

te beskryf; derhalwe word by verwys na die beskrywing van die individuele

soorte, na die verskillende fotos en gekleurde plate.

Die kleur van die top word ook gekenmerk deur ’n verskeidenheid

kleur variasies, en uit geen beskrywing, hoe gedetailleerd ook, kan iemand ’n

helder en juiste begrip kry van die voorkoms van hierdie interessante en beto

werende plante nie. Die taal van die mens is veel te arm om hierdie keurige

kleur skakeringe na verdienste te beskryf.

Nie alleen verskil die een blaar van die newenstaande blaar in ’n paar

nie, maar daar ook is ’n aansienlike mate van variasie tussen die blare wat

sonder uitsoek geneem word van plante, wat tot dieselfde species behoort en

in een en dieselfde kolletjie groei. L. salicola staan by die duisende op twee

plekke wat nagenoeg tien myl van mekaar is, as die top naamlik die graad van

sy platheid, konveksiteit of deurskynendheid, as maatstaf vir die geldigheid

van die species sou moet dien, dan sou ons in staat wees om bier tien tot

twaalf tipes te beskryf. By nader ondersoek blyk dit egter, dat daar tussen die

twee uiterstes die deurskynendheid en die ondeurskynendheid, alle oorgangs

vorme voorkom tot by die half deurskynendes—’n bewys van hoe die een

trapsgewys in ’n ander oorloop. Oënskynlik oefen die tint en gesteldheid van

die grond ’n belangrike invloed uit op die toekomstige kleur van die top.

34

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!