02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ster”, kom (Fig. 3). By sommige soorte L. optica, L. olivacea, L. marmorata is

die topoppervlakte deurskynend, by andere L. fulviceps het dit ’n voorkoms

van ’n aantal miniatuur venstertjies, klein deurskynende openinkies deur on

deurskynende weefsel van mekaar geskei; by andere L. Meyeri weer laat die

ondeurskynende oppervlakte tog nog genoeg lig deur vir die behoefte van die

plant. Schanderl het gevind dat in die geval van Fenestraria rhopalophylla, waar

die vensters ooreenkom met dié van L. optica en L. olivacea, 90–91.5 persent

van die invallende lig deurgelaat word, en dat op ’n diepte van 17 mm. slegs

diffuse lig voorkom met ander woorde die deurskynende venster laat ’n baie

aansien like hoeveelheid lig deur.

In verband met Lithops terricolor wat ’n voorbeeld is van die tweede

tipe is Schanderl se bevindings as volg:

wit lig 35.8% rooi infra rooi 44%

geel tot rooi 42.0% blou groen 24%

Lithops kunjasensis ’n plant met ’n oënskynlik ondeurskynende top:

wit lig 48% rooi infra rooi 55%

geel tot rooi 44% blou groen 24%

Die ondeurskynendheid van die boonste oppervlakte moet vermoedelik

toegeskryf word aan die vorming van anthocyan in die selsap, die afsetting

van kalsiumoxalaat in die selwand en die ophoping van kalsiumkarbonaat

saampaksels wat self rooi gekleurd is. Hierdie stukke saamgepakte kalsium

karbonaat verdwyn as verdunde soutsuur bygevoeg word, en die selinhoud

word feitlik deurskyneud. Veranderings in die sel en selwand gaan gepaard

met ’n afname in die intensiteit van die lig en dis slegs ’n diffuse lig wat na

binnetoe deurdring. Hoewel deur die grond bedek, kan die plant nog sy eie

voedsel vervaardig onder vrywel gunstige toestande. Op hierdie wyse ingerig,

is hy in staat om sy bestaan te bestendig ten spyte van die heersende on

gunstige toestande in sy woonplek.

Dinter het die temperatuur van ’n species van Lithops te Lichtenstein

naby Windhoek, S.W. Afrika gemeet, en dit het op 56.2° C. te staan gekom,

terwyl die temperatuur van die omliggende klipperige grond tien grade hoer

was. In die somer het hulle bogemelde temperatuur te verduur, en in die

winter daal die temperatuur weer van 8 10° onder die nulpunt van die Cel

sius skaal. Behalwe hierdie temperatuuruiterstes het hulle ’n wolklose hemel

te dulde en moet lang periodes droogte deurstaan.

Die top van die blaar is plat (L. olivacea, L. Lesliei), konveks (L. Ru‑

schiorum), of skuinskonveks (L. Meyeri, L. divergens). Die graad van platheid

of konveksiteit is by die individuele plante baie veranderlik, dit is afhanklik

van die hoeveelheid water wat op enige besondere fase van sy lewe vir hom

beskikbaar is. In hulle natuurlike woonplek is die top van die meeste soorte

min of meer plat, behalwe by diegene wat tot die skuinskonveks groep be

hoort. Na ’n deurdringende reën is die top min of meer konveks. Hier egter,

33

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!