02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

algemene hou van die plant as geheel. Deur die insinking in die grond word

die plante teen uitdroging beskerm.

Die top van elkeen van die twee blare wat tesame die keëlvormige

struktuur uitmaak, waarvan hierbo melding geinaak is, is min of meer rond

of halfmaanvormig, en die oppervlakte kan ondeurskynend of onvolkome tot

volkome deurskynend wees.

Walter (4) het die vogtigheid bepaal wat deur Lithops salicola opgeneem

en afgegee word. Hy het gevind dat ’n groot plant 11.50 gram in gewig,

ten volle blootgestel aan die son, nouliks 0.1 gram in 15 dae, en ’n ander

van 4.395 gram in dieselfde tydperk 0.2 gram verloor het. Hy het ook die

hoeveel heid water bepaal wat deur die wortels van hierdie plante opgeneem

word. Deur ’n plant in water te plaas sodat net sy wortels bedek is, het hy

gevind dat ’n plant van 23.95 gram in 15 dae 3.3 gram water opgeneem het.

Deur ’n klein snytjie aan die basis van die plant te maak en dit weer in die

water terug te plaas het hy gevind, dat hierdie plant 7 gram water vir 24

uur opneem. Dit blyk dus dat die hele plantoppervlakte, die wortelsisteem

inkluis, feitlik ondeurdringbaar is vir water. Walter het ook kon vasstel dat ’n

plant wat geheel en al onder water gedompel as, nouliks 0.1 gram per dag in

gewig toegeneem het. Die opname van water het vermoedelik deur die pasont

wikkelde en nie deur die ou wortels plaasgevind nie.

Hierdie beskerming teen die verlies van water is vir die plant uiters

voordelig, want die meeste soorte van hierdie genus groei in die allerdroogste

streke waar die relatiewe humiditeit van die atmosfeer baie laag is en onder

dergelyke toestande sou hulle al hul vogtigheid kwytraak, was dit nie dat

hulle teen waterverlies beskerm word nie. Afgesien van die lae vogtigheids

inhoud van die lug kom daar in hierdie streke dikwels ook reënlose periodes

van 12–20 maande voor.

Dit is algemeen bekend dat groenplante afhanklik is van lig vir die

opbou van hul voedsel. In hierdie genus lê die plant in die grond ingebed;

as die blootgestelde oppervlakte groen is, dan sal die lig nie tot diep in

die weefsel kan deurdring nie en die groenwording van die onderliggende

selle sou dus verhoed word. As die chlorofiel beperk sou wees tot die bloot

gestelde boonste oppervlakte van die plant dan sal dit op ’n vermindering

van blaar oppervlakte neerkom, en die energie wat die plant uit die sonstrale

kry vir die opbou van plantevoedsel sal baie gering wees. Deur ’n vergroting

van die boonste blaaroppervlakte sou hierdie moeilikheid uit die weg kon

geruim word, maar dit sal die gevaar van uitdroging verhoog en die verwar

ming van die planteliggaam teweegbring, veral omdat hierdie plante ingebed

sit in grond, wat aan die volle strale van die son blootgestel is. Op ’n baie

interessante (vernuftige) wyse is, by species van Lithops, ’n uitweg uit hierdie

moeilikheid gevind. Die chlorofielbevattende selle vorm ’n laag aan die bin

nekant van die mantel en lê dus grotendeels onder die grondoppervlakte; al

die lig wat hulle bereik moet dus van ho, deur die top, die plant se „ven

32

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!