02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

INLEIDING

DIE naam Lithops kom van die twee Griekse woorde lithos ’n klip

steen, en ops, aangesig. N. E. Brown het in 1922 hierdie plante Li‑

thops genoem, omdat hulle, soos hy dit self gestel het, in vorm en in

kleur in ooreenstemming is met die gesteentes en ronde klippies waartussen

hulle groei. Die genus behoort tot die Aizoaceae, ’n familie wat in die droeëre

streke van Suid Afrika en Suidwes Afrika goed verteenwoordig word deur ’n

groot verskeidenheid van plante. Die gewasse wat in Suid Afrika algemeen

bekend is as „Vygies”, was vroeër almal saamgevat in een enkele genus, nl. die

genus Mesembryanthemum. Dis veral aan die ondersoekings van N. E. Brown

in Engeland en G. Schwantes in Duitsland te wyte dat hierdie genus tans

in naastenby 140 verskillende genera opgesplits is; een daarvan is die onder

hawige genus Lithops, populêr bekend as beesklou, toontjies.

Burchell het in sy reisbeskrywings (1821) die ontdekking van ’n plant

wat ’n een later geblyk het die eerste Lithops te wees as volg beskryf: „Met

die opneem uit die klipperige grond van, wat na vermoeding ’n eienaardige

afge ronde klippie was, het dit geblyk dat dit ’n plant is, en daarby ’n nuwe

soort en ’n toevoeging tot die getalsterke genus Mesembryanthemum; maar wat

sy kleur en voorkoms betref was hy wesentlik in ooreenkoms met dié van die

klippe waartussen hy gegroei het.” Hy het ’n tekening daarvan gemaak, en op

grond van daardie tekening het Haworth die plant Mesembryanthemum turbi‑

niforme genoem, en as volg beskryf: Planta acaulis, obconica, superne truncata

obscura punctata. Die naam was later deur N. E. Brown tot Lithops turbinifor‑

mis verander. Hierdie plant was deur Burchell ontdek op die l4de September,

1811, te Zandvlei in die distrik Prieska (Fig. 1). Meer as honderd jaar het

verbygegaan voordat hy weer ontdek was deur Pole Evans op min of meer

dieselfde plek waar Burchell dit gevind het. Die tweede en volgende soort wat

beskryf is, het Berger in 1908 Mesembryanthemum pseudotruncatellum genoem.

Hierdie soort is in Damaraland, Groot Namakwaland, ontdek, in die omge

wing soos ons nou weet, van Windhoek. In 1912 het Mnr. Leslie ’n plant

naby Vereeniging ontdek wat deur N. E. Brown na die ontdekker daarvan,

Mesembryanthemum Lesliei, genoem is. Hierdie vroeë ontdekkings bewys dat

die genus ’n baie wye verspreiding het—trouens Windhoek en Vereeniging lê

baie ver van mekaar, en albei is ongeveer 500 myl van Prieska af.

Gedurende die tydperk 1920–1933 is ’n groot aantal soorte in die Unie

van Suid Afrika sowel as in Suidwes Afrika ontdek.

Kurt Dinter, die onvermoeide versamelaar, verdien hier vermelding

want dit is vernaamlik aan sy ywer te danke dat ons kennis van hierdie

genus so aanmerklik toegeneem het. Onthou moet word dat hy sy versamel

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!