02.05.2013 Views

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

Lithops - Au Cactus Francophone

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

soek. Dit is hom geluk om die kleurling, wat destyds teenwoordig was toe

L. brevis die eerste keer gevind is, op te spoor. Hy is toe met die kleurling

na die betrokke koppie en alhoewel hulle die koppie kruis en dwars deursoek

het, kon hulle L. brevis nie vind nie. Dit was toe bitter droog. ’n Jaar of wat

later, nadat dit in die omgewing goed gereën het, is mnr. Van Fleerden weer

daarheen en op die koppie het hulle hierdie keer die plant gevind. Die kleur

plaat en die portret is van plante wat hy destyds aan my gestuur het.

Selfs al het ’n mens die plante, dan gebeur dit dikwels dat hulle dood

gaan, voordat hulle geblom of saad gevorm het. Die gevolg is dus dat die

monografie op onvolledige gegewens moet berus. Hierdie bewerking, hoewel

die skrywer al by die twaalf jaar besig is om die geslag te versamel en te

bestudeer, bly nog onvolledig. Die volledige verslag moet dus aan die toekoms

oorgelaat word.

Hierdie boek sou nooit verskyn het nie, as dit nie was vir die hulp

wat die skrywer van verskillende persone ontvang het nie. Ek wil hier my

opregte dank en waardering uitspreek aan die Kuratore van Het Jan Marais

Nationale Fonds. Die Kuratore het my gulhartig finansiële ondersteuning

verleen, nie net by die maak van die gekleurde tekeninge nie maar ook deur

die beskikbaarstelling van ’n aansienlike bedrag vir die publikasie van die

boek. Hulle het hier wesentlik bygedra tot die bevordering van die kennis

van die plante van ons land. Aan die Edelagbare Minister van Onderwys wat

op aanbeveling van die Navorsingsraad ’n aansienlike som toegesê het vir die

uitgee van die boek, my hartlikste dank. Aan die Navorsingsraad wens ek

ook my dank uit te spreek vir sy hulp.

Die volgende persone wil ek graag hier vir hulle hulp en ondersteuning

bedank:

Herrn Ernest Rusch, Lichtenstein, Windhoek, vir waardevolle in

formasie en lewende materiaal.

Herrn Wilhelm Triebner, Windhoek, wat sy intieme kennis van die

flora van Suidwes en ook materiaal tot my beskikking geplaas het. Sy inlig

ting omtrent die verspreiding en woonplekke van sekere Suidwes soorte was

besonder waardevol.

Mnr. Roux, Keimoes, wat my waardevolle inligting verskaf het omtrent

die soorte uit sy omgewing.

Dr. Henrici, Fauresmith, vir inligting omtrent en ’n portret van L.

salicola.

Herr Eberlanz, Lüderitzbucht, wat portrette geleen en ook vir my

waardevolle en seldsame soorte versamel het.

28

Mnr. Minnaar, Vryburg, vir informasie omtrent L. Aucampiae.

Mnr. P. van Heerden, Springbok, vir die versamel van soorte wat in die

moeilik toeganklike dele van Namakwaland woon.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!