04.05.2013 Aufrufe

Frühstückstreffen für Frauen W indelsbach (idea) - kreuzkirche.co.za

Frühstückstreffen für Frauen W indelsbach (idea) - kreuzkirche.co.za

Frühstückstreffen für Frauen W indelsbach (idea) - kreuzkirche.co.za

MEHR ANZEIGEN
WENIGER ANZEIGEN

Sie wollen auch ein ePaper? Erhöhen Sie die Reichweite Ihrer Titel.

YUMPU macht aus Druck-PDFs automatisch weboptimierte ePaper, die Google liebt.

LE ROUX, Mariël: Wilhelmina: kampkind op Java.

Pretoria, Protea Boekhuis, 2007.

Elke mens is 'n storie, elke mens het 'n storie - die Nederlandse

meisie Willy (Wilhelmina) van Halewijn vertel hier haar storie.

Dit is 'n buitengewone en hartroerende verhaal, wat afspeel net

voor, tydens en na die Tweede Wêreldoorlog. Haar pa was 'n

skeepsbouer en het kort voor die uitbreek van die oorlog werk

in Roemenië gekry. Die res van die gesin, Willy, haar ma en

haar 2 jonger susters Fredy (Frederika) en Tineke trek later ook

soontoe.

Die oorlog breek uit en hulle moet vlug. Om na Nederland

terug te gaan is nie moontlik nie, dus reis hulle na die Nederlandse

kolonie Indonesië. Die mans word gou opgeroep om

aan die oorlog deel te neem, die vrouens en kinders word deur

die Japanese in kampe gesit. Die toestande daar is meestal haglik,

met min plek (15 mense en meer per kamer) en nog minder

kos. Die Japanese soldate is grootendeels wreed en onvriendelik,

verlang dat elkeen voor hulle moet buig en straf enige oortreders

van hulle reëls baie swaar en onmenslik. Deur die oë

van die jong meisie Willy sien en beleef ons al hierdie wedervaringe.

Na die oorlog kom pa Van Halewijn terug. Hy het 'n heel ander

storie gehad, het die grootste gedeelte van die oorlog in die

hawe van Simonstad gewerk, by familielede kon woon en dus

geen ontberings of wreedhede gesien of ervaar nie. Dit is soos

'n kloof tussen hom en sy gesin. Hy gaan spoedig terug na

Suid-Afrika. Hoewel sy gesin hom later volg, word die breuk

nie geheel nie. Hulle skei van mekaar en Willy, haar ma en

susters trek na Worcester.

Willy vind 'n goeie lewensmaat wat haar help om die bittere ervarings

in die kamp te verwerk en verby versperrings en grense

te kyk na al die mooi dinge wat ook altyd daar is.

IB

Hurra! Ihre Datei wurde hochgeladen und ist bereit für die Veröffentlichung.

Erfolgreich gespeichert!

Leider ist etwas schief gelaufen!