28.02.2013 Aufrufe

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

MEHR ANZEIGEN
WENIGER ANZEIGEN

Sie wollen auch ein ePaper? Erhöhen Sie die Reichweite Ihrer Titel.

YUMPU macht aus Druck-PDFs automatisch weboptimierte ePaper, die Google liebt.

Uit pastor se pen

Tot onlangs het ons gevra: God waar is U/JY?

Hierdie vraag het ons altyd gelei om God êrens te lokaliseer, sonder

dat ons baie suksesvol was buiten om te sê dat God in die hemel is

nie. Dikwels het mense daarvan afgelei, dat God in hul daaglikse

lewe afwesig is of net ’n toeskouer, wat onbetrokke toesien hoe mens

sukses beleef of faal.

‘n Onbetrokke God lei die mens in die diepste eensaamheid waar hy/

sy heeltemaal op sy eie gestel is. Daar kan van geen toenadering of

barmhartigheid sprake wees nie. Miskien selfs tot die insig kom, die

mens is sonder God, al bestaan hy. God bly ontoeganklik!

‘n Nuwe vraag word nou formuleer: “Wie is U/JY, God?”

Agter hierdie vraag skuil die erkentenis, dat dit ’n onbegonne taak is

om die bestaan van God te bewys aldan nie. God is nie in die hand

van die mens nie, maar miskien is die mens in die hand van God.

Hierdie is nie meer ’n stelling wat bewys kan of moet word nie, maar

’n stelling van geloof of insig, daar is ’n groter realiteit wat op een of

ander wyse betrokke is by ons menswees. Dus die vraag, in ligter

luim gestel: wie krap daar in my lewe rond — positief of negatief? Is

dit iemand wat verwoesting saai ....? Of ....?

Meteens word ons oplettend oor dit wat met ons in ons lewe gebeur

en ons begin om te luister na dit wat ons kan verneem. Ons slaan ag

op hom/dit wat agter, of binne in, gebeure skuil. Wie is jy, wat my

dryf? Dit word dan ook moontlik om God nie net in die suksesverhale

van die lewe te soek nie maar ook daar waar die mislukking seëvier

— ook die persoonlike mislukking.

Woorde van baie Psalms kan ons nou in ‘n ander lig verstaan waar

die hulpkreet van die mens luidkeels tot uiting kom. ’n Geweldige

bemoediging om die eie vrae op soortgelyke wyse aan HOM te rig.

God seën ons almal op pad, HOM op ‘n nuwe wyse te ontdek.

4

Hurra! Ihre Datei wurde hochgeladen und ist bereit für die Veröffentlichung.

Erfolgreich gespeichert!

Leider ist etwas schief gelaufen!