28.02.2013 Aufrufe

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

Gem Brief 201101.pub - kreuzkirche.co.za

MEHR ANZEIGEN
WENIGER ANZEIGEN

Sie wollen auch ein ePaper? Erhöhen Sie die Reichweite Ihrer Titel.

YUMPU macht aus Druck-PDFs automatisch weboptimierte ePaper, die Google liebt.

Die groot stories-boek; tydlose vertellings oor lewenswaardes

en die waarde van die lewe. Lux Verbi-BM, 2008.

“Vertel vir my ‘n storie…” – hoe dikwels het ons self as

kinders so gevra, of word nou deur ons kinders gevra! Hierdie

wonderlike boek is vol stories, veral vir grootmense,

maar ook vir klein mense, want hulle leer ons van die lewe,

van dit wat belangrik en blywend is.

Die verhale is alfabeties volgens onderwerpe gerangskik,

met ‘n meer omvattende indeks van temas agterin die

boek.

Een storie wat ‘n besondere indruk op my gemaak het is

getiteld: ‘Die invloed van ‘n hoflike gebaar’. Dit vertel van

‘n klein gebeurtenis in die laat 1940’s in Johannesburg. ‘n

Jong swart seun en sy ma loop op ‘n smal sypaadjie, toe ‘n

lang wit man van voor af by hulle verbykom. Omdat die sypaadjie

nou was, draai die man uit sodat hulle kan verbykom

en lig sy hoed om hulle vriendelik te groet. Die

swart seun was oorstelp deur hierdie hoflike gebaar en vra

sy ma: “Hoekom doen hy dit, Mamma?” “Ek dink dit is omdat

hy ‘n Godsman is, my kind … hy is ‘n Anglikaanse

priester in Sophiatown en Orlando.” “Dan wil ek ook, as ek

klaar met skool is, ‘n priester en ‘n Godsman word.”

Die wit man was eerwaarde Trevor Huddleston – die swart

seun was die latere aartsbiskop Desmond Tutu.

So kan ‘n klein bietjie vriendelikheid onmeetbare gevolge

hê!

Iemand het eenmaal gesê: “Die kortste afstand tussen ‘n

mensekind en die waarheid is ‘n storie.”

Elke lewe is ‘n storie en het ‘n storie – ons kan so baie van

mekaar leer deur ons stories te deel, soos dit in hierdie

boek gedoen word.

15

IB

Hurra! Ihre Datei wurde hochgeladen und ist bereit für die Veröffentlichung.

Erfolgreich gespeichert!

Leider ist etwas schief gelaufen!