29.08.2013 Views

Fire Trails

Fire Trails

Fire Trails

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Fire ire Trails

Trails

GEBEDSGIDS

GEBEDSGIDS

6 6 Ma Maart Ma Maart

art – 16 April 2011

FIRE TRAILS INISIATIEF

Die FIRE TRAILS inisiatief wil nasionale bedieninge, bewegings en kerke in

Suid-Afrika vir 40 dae verenig om plaaslike gemeenskappe te dien en by te

staan om volgehoue en Bybelse transformasie te bewerkstellig. Aksiegroepe

sal dorpe en stede op die vier roetes (“trails”) op uitnodiging besoek. Dorpe

en stede wat nie op die roetes (“trails”) is nie en wat byeenkomste in hul eie

gemeenskappe organiseer, sal stasies (“stations”) genoem word. Kerke en

Christene in Suid-Afrika word uitgenooi om hande te vat om as 'n eenheid

hul gemeenskappe saam te dien.

Hierdie boekie is 'n gebedsgids wat gedurende hierdie 40 dae inisiatief

gebruik kan word. Dit kan egter ook as 'n gebedsgids vir herlewing vir enige

tydperk aangewend word. Buiten hierdie gids kan intersessors die daaglikse

vordering op die “blogs” op die webblad www.firetrails.co.za volg. Die

dorpe en stede wat betrokke is, datums en ander inligting is ook op die

webblad beskikbaar.

VUUR

In die Bybel is daar baie voorbeelde van waar God Homself sigbaar gemaak

het vir mense deur vuur te stuur. In die Ou Testament het God vuur gestuur

om die Tabernakel wat Moses gebou het en die Tempel wat Salomo gebou

het, in te wy. In albei gevalle het die vuur op die offeraltaar geval en die

offer heeltemal verteer (Lev.9:24; 2 Kron.7:1). Hierdie vuur wat God self

aangesteek het, mag nooit geblus word nie (Lev. 6:13). Vuur het op

soortgelyke wyse ook op ander offers geval bv. tydens Elia se konfrontasie

met die Baal priesters (1Kon.18:38); Gideon (Rigt.6:21) en Dawid

(1Kron.21:26). By ander geleenthede het God se oordeelsvuur gekom om

mense te verteer, soos bv. Aaron se seuns (Lev 10:2); mense wat gekla het

(Num.11:1,2) en 250 mans wat meegding het om Aaron se posisie

(Num.16:35). Die enigste plek in die Nuwe Testament waar vuur uit die

hemel gekom het, was toe God tydens Pinkster die Heilige Gees uitgestort

het (Hand.2:3). God self staan bekend as 'n verterende vuur (Deut.4:24;

Hebr.12:29). Wanneer ons vandag bid en vra vir die vuur van God, verwys

ons na die werk van die Heilige Gees in die lewens van gelowiges om te

einig en te heilig, maar ook dat dit die ongelowiges sal oortuig van hulle

sondes (Joh.16:8).

Verskeie profetiese woorde praat oor baie jare van 'n vuur (die werk van die

Heilige Gees) wat in Suid-Afrika sal ontvlam en dan soos 'n veldbrand

regdeur Afrika en die res van die wêreld sal versprei. Baie inisiatiewe het as

gevolg van hierdie profetiese woorde ontstaan. Sedert die evangelie tydens

die 17de en 18de eeu na die sub-kontinent gekom het, het herlewing in

verskeie gemeenskappe in Suid-Afrika uitgebreek. Die herlewings van 1857-

1860, 1865-1888 en in 1900-1906 was wydverspreid. Die meeste ander

herlewings was plaaslik van aard en het net sekere gemeenskappe geraak.

Suid-Afrika het nog nie 'n herlewing beleef wat die kern van die

politieke/sosiale/ekonomiese weefsel van ons nasie geraak het nie. Baie

gelowiges smag hierna en bid hiervoor. Fire Trails is 'n inisiatief wat hierdie

begeerte vir landswye herlewing wil aanvuur. Dit nooi gelowiges uit en

moedig hulle aan om hulself as lewende offers te gee en te bid vir die

loslating van God se sigbare glorie in ons tyd. Dit moedig gelowiges aan om

hande te vat en die liggaam van Christus te verenig om korporatief

verantwoordelikheid te aanvaar vir die toekoms van ons geliefde land. Kom

ons vertrou Hom vir vrug in ons eie lewens, die lewens van ongelowiges en

die vestiging van geregtigheid in ons nasie, wanneer ons dan God se

aangesig soek en bid, soos nog nooit vantevore nie.

Hoe om hierdie gebedsgids te gebruik

Die gebedsgids is in 'n weeklikse formaat geskryf. Lees die skrifgedeeltes

daagliks hardop as 'n proklamasie oor Suid-Afrika. Volg dan die instruksies

vir persoonlike, gemeenskaps en nasionale gebede. Daar is 'n sterk

gebedsfokus op gesinne en families, die hoekstene van ons samelewing.

Skryf jou gesprekke met God vir hierdie 40 dae neer in 'n gebedsjoernaal.

Indien jy enige geestelike insig gedurende hierdie gebedstye oor Suid-Afrika

ontvang, stuur dit asseblief aan: furnace@jwipn.com. Laat die Heilige Gees

toe om jou lewe te verander en jou as 'n instrument van transformasie vir

ons nasie te gebruik.

WEEK 1: DAG 1-7 “Hy doop met die Heilige Gees en vuur”

(Matt.3:11)

Proklamasie: Gebruik die volgende skrifgedeeltes om gedurende die

volgende week Jesus se Heerskappy oor jou eie lewe, kerk, dorp/stad en

nasie te proklameer.

Jes.9:6-7

Hand.2:36-39

1Kor.15:3-7

Fil.2:9-11

Joh.1:1-5

Heb.1:1-13

Openb.19:11-16

ONS GOD IS 'n VERTERENDE VUUR (Heb.12:29)

Herlewing kom wanneer God se kinders voldoen aan die voorwaardes van 2

Kronieke 7:14 – “…en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en

bid en vra na my wil en draai terug van hul bose weë af…”

God se teenwoordigheid hou gevolge in. Mediteer oor die volgende

skrifgedeeltes wanneer jy bid dat God se teenwoordigheid in Suid-Afrika sal

manifesteer.

Ps.50:3

Jes.66:14-16

Deut.4:23-31

Eks.19:10-20

Heb.12:14-29

Efes.1:17

Here Jesus Christus, ons buig laag voor U. Deursoek ons harte en deurgrond

ons gedagtes en ingesteldheid. Skenk ons 'n nuwe hart en 'n nuwe gees om

U te ken en al U gebooie te gehoorsaam. Amen.

Seëning: Bid Num.6:24-26 as 'n seën oor Suid-Afrika.

Week 1: HERSTEL VAN DIE FAMILIE-ALTAAR

MAAK TYD. Kyk of julle nie ten minste twee geleenthede per week kan kry

om saam te bid nie. Vir sommige gesinne is dit maklik om daagliks bymekaar

te kom. Ander verkies dit om soggens bymekaar te kom en ander weer

saans. Julle sal saam besluite moet neem om die gesinsaltaar te laat werk!

BYBELS. Maak seker dat elke gesinslid sy/haar Bybel saambring wanneer

julle bymekaar kom.

LEES HARDOP. Die hoof van die huis sal normaalweg 'n gedeelte uit die

Bybel lees en dan aan die ander geleentheid gee om hul gedagtes daaroor

te lug. Gesinslede kan dan om die beurt gedeeltes uit die Skrif lees en dit

bespreek. Die verantwoordelike persoon vir daardie dag kan vooraf 'n

bietjie voorberei.

BESPREEK. Wanneer julle 'n Skrifgedeelte bespreek, vra praktiese vrae oor

hoe dit op die hedendaagse lewe van toepassing is. Dit word dan ook 'n

gebedspunt wanneer julle later saam bid.

BID. Gee geleentheid vir gebed. Praat eers oor die sake waaroor julle wil

bid. Dit kan persoonlik, oor die skool, werksake, iets uit die koerante wees

of gebede vir die land. Elkeen kies dan 'n gebedspunt om te bid. So kry

elkeen 'n beurt om te bid.

KYK WYER. Bid vir jou plaaslike gemeenskap, die geestelike leiers, herlewing

in die kerk, regering, sendelinge en vir die uitbreiding van God se koninkryk.

KRISIS. Gesinsverhoudings is partykeer stram as gevolg van iets wat gebeur

het. Gaan sit eers en probeer oor alles wat spanning en afstand tussen julle

veroorsaak, te praat. Bid daaroor. Moenie mekaar beskuldig of vir mekaar

onder gebed preek nie. Vergifnis is een van die hoekstene van die evangelie.

Selfs wanneer julle van mekaar verskil en nie 'n oplossing kan vind nie, bid

dan en vra die Here om vir julle deur die Heilige Gees 'n oplossing te gee.

REDDING. In baie gesinne is daar een of twee lede wat nie ten volle hulle

lewens aan die Here oorgegee het nie. Sommige kan selfs nog ongered of

opstandig wees. Moenie hulle forseer om te bid of uit die Bybel te lees nie,

maar vra hulle om wel deel van die gesinsbyeenkoms te wees. Moenie hulle

veroordeel nie. Wys dat jy hulle liefhet. As hulle doelbewus moeilike vrae

vra, luister na hulle en erken wanneer jy nie die antwoord het nie. Moenie

stry nie. Reageer met dieselfde liefdevolle genade waarmee God jou

hanteer en wees geduldig.

Week 2: Dag 8-14 “Die Gees van Waarheid” (Joh.16:13).

Proklamasie: Gebruik die volgende Skrifgedeeltes om in die komende week

die waarheid oor die werking en Persoon van die Heilige Gees oor ons nasie

te proklameer.

Jes.11:2

Joh.6:63

Joh.14:12-18, 26

Joh.15:26

Joh.16:7-13

1Kor.12:1-11

Gal.5:22-26

BESNY JULLE HARTE (Deut 10:16)

God se oordeel kan die sondaar verteer, maar God se heilige vuur verteer

die sonde in gelowiges wat tot inkeer kom en hulle aan God oorgee. Dit

reinig hulle.– Uit: Revival Fire deur Wesley Deuwel.

God begeer 'n rein en heilige Kerk. Mediteer oor die volgende skrifgedeeltes

wanneer jy hierdie week bid vir die reinigende vuur van die Heilige Gees.

Ps.29:7

Jer.4:1-4

Jer.23:23-29

Joël.2:12-17

2Tess.5:3

Efes.4:17-32

Rom.8:26-28

Heilige Gees, blaas weer oor ons. Suiwer ons, reinig ons en heilig ons. Bou

ons op tot 'n geestelike huis vir God. Ons maak ons harte oop dat U ons kan

besny en alles verwyder wat verhoed dat God tussen ons kan staan. Amen.

Seën: Bid Rom.15:13 as 'n seëning oor Suid-Afrika.

Week 2: BID VIR MANS

BELOFTES. Bid dat elke man sal onthou watter beloftes hy voor God aan sy

vrou gemaak het en dat hy sy huweliksbeloftes sal nakom.

VARS LIEFDE. Bid dat elke man sy vrou weer sal liefhê soos hy sy eie lewe en

liggaam liefhet; dat hy sy vrou sal versorg, koester en liefhê soos Christus

die kerk liefhet en dat hy homself aan sy vrou en kinders sal gee net soos

Jesus dit vir die Kerk gedoen het.

GESINSALTAAR. Bid dat hy die gesinsaltaar in sy huis sal herstel; dat hy sy

vrou sal was en heilig met die water van die Woord en haar sal aanmoedig

om God se roeping vir haar na te volg.

TYD EN GELD. Bid dat elke man opnuut sal besin oor hoe hy sy tyd en geld

spandeer; dat hy as getroude man saam met sy vrou sal besluit en beplan

hoe hulle geld maandeliks spandeer moet word (Efes.5:26-30).

NEEM MOEILIKE BESLUITE. Bid dat God elke man sal help om hom los te

maak van die wyer familie en hom aan sy vrou en kinders toe te wy soos

God dit wil hê (Efes.5:31).

OM 'n VADER TE WEES. Bid dat vaders nie voortdurend hul kinders sal tart

en verbitterd maak deur negatiewe opmerkings en kritiek nie, maar hulle op

'n goddellike manier sal dissiplineer en aanmoedig om hul idientiteit, gawes

en talente ten volle te uit te leef (Kol.3:20-21).

OM 'n PRIESTER TE WEES. Bid dat elke man sy priesterlike rol sal opneem

en 'n voorbeeld vir sy kinders sal wees in die manier waarop hy sy vrou as

die swakkere geslag hanteer, sodat hulle kan bid sonder dat iets hulle

hinder (1 Pet.3:7-8).

VRIENDE. Bid dat elke man wat sy lewe aan God gegee het, goeie vriende

sal vind en by 'n gebedsgroep sal aansluit met manne wat hom sal mentor,

bemoedig en ondersteun en hom sal leer hoe om as 'n dissipel van die Here

Jesus te groei.

HEILIGE HANDE. Vra dat manne oral, waar hulle ookal bymekaarkom met 'n

skoon gewete hul hande in gebed tot God sal ophef (1 Tim.2:8). Dit is God

se wil. Bid dat manne gebedsgroepe in gemeentes en in hulle werksplekke

sal begin waar hulle sal intree vir die gemeente, die werksplek en die land.

Bid dat meer manne sal aanmeld om na die sendingvelde van die wêreld te

gaan om die evangelie na die onbereikte nasies te neem.

Week 3: Dag 15-21 “Die Vader van die Gemeenskap van

Gelowiges op aarde” (Efes.3:14,15).

Proklamasie: Gebruik die volgende skrifgedeeltes om die heerlikheid van

ons hemelse Vader oor jou lewe, familie, gemeente, gemeenskap en nasie

te proklameer.

Matt.6:6-15

Joh.4:23-24

Joh.6:37-44

Joh.14:1-13

Joh.16:25-28

Joh.17:1-26

Openb.4:2-11

ONS ROEP: “ABBA! VADER!” (Gal.4:6)

'n Ware herlewing is niks minder as 'n rewolusie wat die gees van die

wêreld uitwerp en God se liefde in jou hart laat triomfeer nie - Andrew

Murray.

Jesus het God as die Vader openbaar. Mediteer oor die volgende skrifgedeeltes

gedurende hierdie week en bid dat God as Vader aan hierdie

vaderlose geslag van Suid-Afrika openbaar sal word.

Mal.1:6

Mat.5:43-48

Mat.6:1-15

Luk.15:11-32

Joh.6:35-40

Joh.14:2-7

1Kor.15:19-28

Hemelse Vader, U het u Seun gestuur om u Vaderskap aan ons te openbaar.

Ons glo Hom. Verander ons harte en verstand en maak ons u getuies, sodat

elke gesin in ons land U kan ken as Vader. Amen.

Seën: Bid Rom.15:5-6 as 'n seëning oor Suid-Afrika.

Week 3: BID VIR VROUE

HELPER: God het die vrou as 'n helper vir haar man geskep. Bid dat elke

vrou sal verstaan hoe om haar man se helper te wees, hom aan te vul en die

vennoot te wees wat God wil hê sy moet wees. Bid dat sy haar man so sal

ondersteun dat hy haar sal liefhê en koester.

RESPEK: Bid dat elke vrou haar man sal respekteer en eer en vrywillig

onderdanig sal wees aan haar man soos Jesus verwag dat die Kerk aan Hom

onderdanig sal wees. Bid dat sy so onselfsugtig sal leef dat haar gedrag selfs

haar ongelowige man tot geloof sal bring. Bid vir elke vrou wat afgeskeep

voel deur haar man om getrou te bly en op God te vertrou om vir haar te

veg. Bid dat God elke vrou teen ontrou en mishandeling sal beskerm (Efes.

5:22-24; 1Kor.7:14).

MOEDERS: Bid dat elke vrou 'n liefdevolle moeder sal wees wat haar

kinders sal leer om God en ander mense lief te hê, te respekteer en te eer.

Bid dat sy 'n voorbeeld sal stel van hoe dissipels van Jesus bid, hoe ‘n mens

uitreik na ander mense en hoe jy hulle hanteer.

TUISTESKEPPER: Bid dat elke vrou 'n liefdevolle en veilige tuiste vir haar

gesin sal skep. Dat sy wys sal wees in die manier waarop sy die finansies

hanteer sodat daar in al die behoeftes van die gesin voorsien kan word.

VREDEMAKER: Bid dat elke vrou en moeder as vredemaker in haar huis sal

optree. Bid dat sy nie bakleierig, veroordelend en inmengerig sal optree nie,

maar wys, verstandig en betroubaar sal wees. Bid dat elke vrou haar man en

kinders se beste vriend en vertroueling sal wees. Bid dat haar lewe van

morele integriteit en reinheid sal getuig.

GASVRY: Bid dat elke vrou alle besoekers aan haar huis, vriende of

vreemdelinge, sal verwelkom en dat haar man en kinders haar daarvoor sal

seën. Bid dat sy godvresende vriendinne sal hê wat haar sal bemoedig en

ondersteun.

INTERSESSOR: Bid dat elke vrou wys en getrou sal intree vir haar man en

kinders. Bid dat sy haar geestelike kos en krag by God sal sal kry.

SELFBEHEERSING: Bid dat sy versigtig sal wees om nie verslaaf te raak aan

televisieprogramme, skinderpraatjies, oordadige inkopies, ooreet ens. nie.

SPREUKE 31: Bid dat elke vrou sal streef om soos 'n Spr.31 vrou te wees wat

'n seën vir die nasie sal wees en deur haar man, kinders, bure, vriende en

gemeenskap geseën word.

Week 4: Dag 22-28 “Een liggaam in Christus” (Rom.12:5).

Proklamasie: Gebruik die volgende skrifgedeeltes om gedurende hierdie

week God se heerlikheid in Sy aardse liggaam, die Kerk, te proklameer.

Efes.3:4-10

Joh.17:20-23

Matt.16:15-19

Efes.2:13-22

1Pet.2:1-5

1Kor.6:19,20

Openb.5:6-10

“SONDER VLEK OF RIMPEL, HEILIG EN ONBERISPELIK.” (Efes.5:27)

Die eerste en vernaamste bewys van die doping met die Heilige Gees, is 'n

heilige lewe. – Uit: Revival Praying by Leonard Ravenhill.

Tree saam met Jesus in vir die Kerk. Mediteer oor die volgende

skrifgedeeltes in hierdie week en bid dat die Kerk al meer aan Christus

gelykvormig sal word.

Lev.6:9-12

Rom.12:1-3

Luk.9:22-26

Matt.15:8-20

1Joh.2:7-17

Joh.15:8

Gal.5:22-23

Here Jesus Christus, ek gee myself aan U as 'n lewende offer. Mag die vuur

van God my so verteer dat ek saam met Paulus kan verklaar: “Ek is saam

met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat leef nie, maar Christus

wat in my lewe”. Amen.

Seën: Bid Hand.4:24-30 as 'n seënbede oor Suid-Afrika.

Week 4: BID VIR KINDERS

LEWE: Dank God vir elke kind wat die doodsvonnis van aborsie vrygespring

het. Loof God vir ouers wat wil kinders hê en hulle dankbaar ontvang as 'n

geskenk uit God se hand (Ps.127:3-5).

EER: Bid dat kerke weer klem sal lê op die vyfde gebod en dat daar 'n geslag

sal grootword wat verstaan hoe ernstig God voel oor seëninge en vloeke

(Efes.6:1-3).

DISSIPLINE: Bid dat kinders die regte leiding sal ontvang van hul ouers,

onderwysers en ander volwassenes. Bid vir godvresende rolmodelle in

leiersposisies en in die vermaaklikheidswêreld om voorbeelde van heiligheid

en regverdigheid vir die jonger geslag te wees. (Spr.22:6; 29:15).

REDDING: Bid vir die redding van kinders. Dit is 'n bewese feit dat die

meeste mense besluit om Jesus te volg voordat hulle 20 jaar oud is. Bid vir

effektiewe werk onder die kinders en vir suksesvolle dissipelskapkursusse in

gemeentes en selgroepe. Bid dat kinders van 'n jong ouderdom af sal leer

om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul eie optrede en reaksies (Ps.78:5-

8; Pred.4:13).

DISSIPELSKAP: Bid dat die kinders wat Jesus as hul Here aanvaar het,

behoorlik begelei en geleer sal word. Bid dat dissipelskapgroepe in skole

opgerig sal word. Bid dat kinders gehoorsaam sal wees aan die Woord van

God, om 'n gesonde verantwoordelikheid te ontwikkel om die evangelie uit

te dra en gewillig sal wees om te antwoord wanneer God hulle geslag sou

roep.

GROEPSDRUK: Bid dat kinders vreesloos sal wees en nie aan groepsdruk vir

die plesiere en versoekings van hierdie lewe sal toegee nie. Bid dat die

kinders van God dapper sal getuig van hulle geloof en dat hulle die gawe sal

ontvang om hul vriende en onderwysers te beïnvloed.

DEERNIS: Bid vir 'n geslag wat die nood rondom hulle sal raaksien en

deernis en die begeerte sal hê om uit te reik na mense wat swaarkry, in

nood verkeer, verwaarloos is en uitgeworpenes van die samelewing is. Bid

dat die kinders sal leer om selfloos te leef, ander te dien, vrygewig te wees

met hul seëninge en om God se beginsels van genade te verstaan.

HEILIGHEID: Bid vir 'n geslag kinders wat afgesonder word vir God se

koninkryk. Bid dat hulle sal opstaan en 'n Openb.14:1-5 geslag sal wees.

Week 5: Dag 29-35 “Hy is die bron van ewige redding” (Heb.5:9).

Proklameer: Gebruik hierdie skrifgedeeltes om redding oor ons nasie te

proklameer.

Joh.1:9-14

Joh.3:16-21

Rom.10:9-10

Heb.8:10-12

1Joh.1:5-9

Luk.24:45-47

Luk.10:2-22

“ONS SMEEK JULLE: AANVAAR DIE REDDING WAT GOD BEWERK HET!”

(2Kor.5:20)

Die verlorenes kan nooit deur afstandbeheer gewen word nie. Die Kerk

moet uitgaan en hulle gaan haal. – Uit: Baptise with Fire by Arthur

Skevington Wood.

Die engele het die geboorte van die Verlosser aangekondig; ons moet sy

dood en opstanding proklameer. Mediteer oor die volgende skrifgedeeltes

gedurende hierdie week en bid vir die redding van Suid-Afrikaners. Gaan

dan uit en bring hulle na God toe!

Joh.3:17

Hand.1:8

Mat.28:18-20

Luk.10:2-20

Joh.20:21-23

Hand.26:15-18

2Tim.4:1-8

Here Jesus Christus, open my oë sodat ek die oes kan sien. Ek maak my hart

oop om op u roepstem te antwoord. Hier is ek, stuur my! Amen.

Seën: Bid Luk.6:28 as 'n seëning oor Suid-Afrika.

Week 5: BID VIR TIENERS

Tieners word groot in 'n vyandige wêreld. Daar is min riglyne vir absolute

waarheid, grense rakende verhoudings of beperkings op sonde, min rolmodelle

vir reinheid en integriteit en 'n konstante aanslag op hul sintuie vanuit alle

rigtings van die samelewing. Gesinne is gebroke. Baie ervaar verwardheid,

verwerping, eensaamheid, wanhoop en groeps- en ouerdruk.

DISSIPLINE: Bid vir 'n geslag tieners wat hulself sal dissiplineer volgens die Woord

van God (Ps.119:9).

SEKSUELE REINHEID: Ongeveer 81% van alle Suid-Afrikaanse kinders tussen die

ouderdomme van 13 en 17 het al pornografie op hul selfone gesien, 67% is deur

films en die internet aan pornografie blootgestel. Bo en behalwe die gevaarlike

en skadelike invloed op 'n tiener se psige, veroorsaak hierdie tipe blootstelling

aan seksuele prikkeling dat tieners seksueel aktief raak lank voordat hulle

emosioneel volwasse genoeg is daarvoor. Bid dat God die jeug sal versterk om

hierdie kragtige versoekings te weerstaan en hulle te verlos van seksuele

verslawing en onrein geeste. Bid vir rolmodelle wat seksuele reinheid uitleef en

wys hoe gesonde verhoudings lyk. (2Tim.2:22)

DWELM EN ALKOHOL MISBRUIK: Inname van groot hoeveelhede alkohol

verhinder selfbeheersing en selfbewustheid en lei maklik tot onverantwoordelike

gedrag. Tieners wat onder die invloed is, is ook meer geneig daartoe om dwelms

te gebruik en seks te hê. Bid vir die identifisering en arrestasie van dwelmbendes

in skole. Bid dat die ouers groter verantwoordelikheid vir hul kinders sal aanvaar

en dat Christen tieners se voorbeeld ander sal help wat sukkel. (1Pet.5:8,9).

SELFOON, TV & REKENAARSPELETJIES: Tegnologie is goed, maar kan skadelik

wees wanneer dit jou hele lewe oorneem en die enigste vorm van sosiale

interaksie is wat jy het. Dit lei tot ernstige versteurings in die vermoë om in die

alledaagse lewe te funksioneer. Jy beleef die waarheid en werklikheid deur jou

sintuie – deur te sien, te hoor, te voel, te ruik en te proe. Verslawing aan die

media kan 'n poging wees om depressie en angstigheid te beheer en

onderliggende onsekerhede en gevoelens van leegheid weg te steek. Bid dat

tieners sal besef dat mediaverslawing jou nie kan bevredig nie, dat hulle sal smag

na die ware lewe en dat die houvas wat Satan op die gedagtegang van hierdie

geslag tieners het, verbreek sal word. (2Kor.4:4; Fil.4:8).

VOORKOMS: Bid dat tieners God sal eer deur die klere en die juwele wat hulle

dra en hoe hulle met die teenoorgestelde geslag omgaan.

Week 6: Dag 36-40 “Hy is die “ja” van God, die “ja” op al

God se beloftes” (2Kor.1:20).

Proklamasie: Gebruik hierdie skrifgedeeltes gedurende hierdie week om

God se beloftes oor jou lewe, gesin, gemeente, gemeenskap en nasie te

proklameer.

Heb.6:16-20

1Kor.15:51-57

Rom.8:35-39

Fil.4:6,7,13,19

Matt.28:20

2Pet.3:9

Joh.14:1-3

“EK SAL JOU BESLIS RYKLIK SEëN…” (Heb.6:14)

Die wêreld het nog nie gesien wat God kan doen met iemand wat geheel en

al toegewy aan Hom leef nie.

Joh.17:15-24

1Tess.4:3-7

Eks.29:37-46

Lev.22:31-32

Rom.15:8-21

1Kor.6-9-20

1Pet.2:11-15

Hemelse Vader, Here Jesus Christus en Heilige Gees, ek wy my gees, siel en

liggaam aan U alleen. Ek wil U verheerlik in alles wat ek dink, doen en sê.

Heilig my met U heilige vuur. Laat my lewe en die lewens van alle gelowiges

so 'n getuienis wees van u liefde, genade en geregtigheid dat die mense van

Suid-Afrika in U sal glo. Amen.

Seën: Bid 1Tess.5:23-24 as 'n seëning oor die Kerk in Suid-Afrika.

Week 6: BID VIR OUERS

AANVAAR DIT… Ouers is nie perfek nie. Of hulle by die huis is of nie, geskei

of van mekaar verwyder is, hulle bly ouers. Dank God vir die voorreg om

ouers te hê. Bid dat God familiebande sal herstel.

GESINSTYD… Bid dat God ouers sal help om hul kinders se behoeftes te

verstaan en graag tyd met hulle kinders sal wil spandeer. Bid dat ouers en

kinders hulle programme so sal inrig dat hulle meer tyd saam as 'n gesin sal

kan deurbring.

HULLE WERK… Die ekonomiese klimaat het werklik die wêreld en

werksomstandighede van ouers verander. Bid dat hulle in staat sal wees om

al die moeilike omstandighede by die werk te kan hanteer. Vra dat God aan

hulle vrede in die werksplek sal skenk, dat hulle lewens en werk gegrond sal

wees op integriteit en dat hulle nie so rykdom sal najaag dat hulle nie na

hulle gesinne sal kan omsien of tyd sal hê vir hulle gesinne nie. Bid dat die

probleem van die afwesige vader aangespreek sal word.

HUL HUWELIK… Bid dat ouers nie egskeiding as 'n oplossing vir hul

huweliksprobleme sal sien nie. Bid dat daar meer gesinsberaders sal wees

wat ouers kan help om probleme uit te sorteer voordat dit hulle begin

vernietig. Bid vir gesinne wat uitmekaargeskeur is deur egskeiding om weer

te genees en dat God die leegheid en pyn wat ouers en kinders ervaar, sal

vul en genees. Bid dat enkelouers die vermoë sal hê om 'n gesonde tuiste

vir kinders te skep en 'n ondersteuningstelsel vir die hele gesin sal hê. Bid vir

die emosionele beskerming van kinders wat ma of pa net af en toe kan

besoek.

HUL OUTORITEIT… Bid vir die herstel van ouerlike outoriteit sonder

mishandeling. Herinner God aan sy belofte dat die harte van die vaders sal

draai na die kinders en dat die harte van kinders sal draai na hul ouers. Bid

dat ouers die wysheid sal hê om leiding te neem en hul kinders sal help om

tot volwassenheid te groei. Bid dat godvresende ouerskap in elke huis in ons

land gevestig sal word. Bid dat gesinne waar mishandeling plaasvind, hulp

sal ontvang en sal genees. Bid dat kerke die belangrikheid van die gesin sal

verstaan en spesiaal sal fokus op gesinsbedieninge.

GESINSEKURITEIT… Bid dat die huise 'n liefdevolle en veilige tuiste vir hul

kinders sal wees. Bid dat gesinsgeweld en mishandeling, asook bloedskande

aangemeld en behoorlik hanteer sal word. Bid vir geestelike leiers om as

toesighouers oor gesinne op te tree en gesinne wat sukkel daarmee te help.

Dorpe/Stede wat 'n Fire Trail geleentheid aanbied

ROETE 1: Sirkelroete (Circle Trail). Roete: Seinheuwel, Bloemfontein,

Richardsbaai, Nelspruit, Polokwane, Pretoria, Oos-Rand. Roete

Koördineerder: Katrien Ferreira, katrien_ferreira@yahoo.com, 083 457

3612.

ROETE 2: Westelike Roete (Western Trail). Roete: Seinheuwel, Kaapstad,

Moorreesburg, Clanwilliam, Vanrhynsdorp, Nieuwoudtville, Loeriesfontein,

Calvinia, Williston, Brandvlei, Kenhardt, Springbok, Kakamas/Riemvasmaak,

Upington, Prieska, Kimberley, Kuruman, Vryburg, Mafikeng, Rustenburg,

Thabazimbi, Lephalale, Alldays/Mapungubwe, Musina/Beitbrug, Sterkfontein

Grotte (Mogale City). Koördineerder: Jaap Le Roux, jaap@gdop-sa.com,

078 330 9230.

ROETE 3: Oostelike Roete (Eastern Trail). Roete: Seinheuwel, Kaap Agulhas,

Rheenendal, Knysna, George, Port Elizabeth, Cradock, Umtata, Durban,

Swaziland, Maputo/Mozambique, Kempton Park, Potchefstroom, Pretoria.

Koördineerder: Rita Maree, ritamaree@live.co.za, 082 535 7656.

ROETE 4: Sentrale Roete (Central Trail). Roete: Seinheuwel, Worcester,

Tulbagh, Porterville, Vaalharts, Bloemfontein, Kroonstad (Koppies, Welkom,

Hennenman, Viljoenskroon, Bothaville, Ventersburg, Winburg, Steynsrus,

Senekal), Mokopane, Musina, Beitbridge, Zimbabwe (Sheshane).

Koördineerder: Hennie Bekker, bekkermail@gmail.com, 083 306 2825.

FIRE TRAIL HARDLOPERS (RUNNERS). Roete: Pretoria, Moloto, Dennilton,

Luckau, Ga-Mogashoa, Burgersfort, Makgelane, Trichardtsdal, Nkambako,

Giyani, Thohoyandou, Makunya, Muswodi, Tsipise, Beitbrug. Koördineerder:

De Wet De Beer, dewet@styletechnique.co.za, 082 373 3987.

Saam met die vier Trails, sal Tracks kleiner dele van die land dek.

TRACK 1: Noordwes. Roete: Lichtenburg, Klerksdorp, Potchefstroom. Track

Koördineerder: Willem Badenhorst, willem.badenhorst@moreleta.co.za,

Tel nr. 012 997 8034.

TRACK 2: Vrystaat. Roete: Petrusville, Ficksburg, Lindley, Bloemfontein.

Koördineerder: Daru de Wet. 071 444 7444.

INDIVIDUELE DORPE/STASIES: Onderstaande individuele dorpe, genaamd

“stasies” (Fire Stations), sal geleenthede aanbied wat by die Fire Trail

inisiatief inskakel: Bethal, Stilbaai, Clanwilliam, Aroab (Namibië), Hamillton,

Citrusdal, Meyerton, Stilbaai, Secunda, Hendrina, Lydenburg, Witrivier en

Carolina. Vir inligting oor hierdie dorpe, kontak asseblief vir Waldo Nagel,

waldo@firetrails.co.za, 073 553 2836.

Die Fire Trail inisiatief sal ook deel vorm van die Ester/Hadassah

konferensies wat in Burgersfort, Pretoria, Eshowe en Colesberg aangebied

sal word. Kontak prayer@turn2god.co.za.

KINDERS IN GEBED (Children in Prayer): Die volgende dorpe sal deur

hierdie kinders besoek en bedien word: Franschhoek, De Doorns, Gansbaai,

Ertjiesvlei, Tulbagh/Porterville, Beaufort-Wes, Loxton, De Aar, Victoria-Wes,

Britstown, Carnarvon, Colesberg, Noupoort, Petrusville, Vereeniging,

Potchefstroom, Stilbaai, Tzaneen, Mamelodi. Koördineerder: Gerhard

Botha, pray@mweb.co.za, Sel nr. 083 537 9970.

Besoek asseblief www.firetrails.co.za vir enige byvoegings of veranderings

in dorpe of plekke of skakel 073 553 2836.

Daaglikse/weeklikse gebedsversoeke sal op www.firetrails.co.za

beskikbaar gestel word.

Lees die daaglikse blog by www.firetrails.co.za vir nuus en aanpassings.

“ONE-DAY” 24-UUR GEBED

Ons wil graag die Liggaam van Christus landswyd aanmoedig om deel te word van die

landswye gebedsinisiatief “ONE DAY”. Die fokus hiervan is om te bid vir herlewing –

om te bid vir ons land wat smag na herstel, vir die redding van mense, vir hoop vir die

armes en hulpbehoewendes en vir die kerk wat die krag van die Heilige Gees nodig

het.

In Esegiël 22:30 staan daar: Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en

vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie….

Gebed is die grondslag van elke poging van die Christene om verandering te probeer

bewerkstellig. Ons moet beslis meer doen as bid, maar ons kan nie enige iets doen

voordat ons nie gebid het nie. Bevestiging hiervan blyk duidelik uit ons geskiedenis. ’n

Gemeente wat bid, is ‘n gemeente wat die krag van God sal ervaar. Huidiglik ervaar

ons ‘n groot behoefte aan die gebede van die hele liggaam van Christus, maw dat elke

Christen sal bid. Ons moet Sy beloftes ons eie maak, Sy karakter vertrou, staatmaak op

Sy genade en goedertierenheid en glo dat Hy ons gebede beantwoord.

Deur “ONE DAY” wil ons gemeentes, skole, gebedsgroepe, Bybelstudiegroepe, ens

aanmoedig om een dag gedurende 2011 te neem om vir 24 uur te bid (of soveel ure

moontlik gedurende daardie dag). Ons wil individue en lidmate aanmoedig om een uur

(of selfs ‘n halfuur) op daardie dag te neem om saam met die gemeente of groep vir

ons land te bid. Indien moontlik, kan meer as een ONE DAY per jaar geneem word,

afhangende van elkeen se omstandighede. Ons doen ook ‘n beroep op Christene in die

besigheidswêreld om gebedsgroepe by hulle werksplekke op die been te bring.

Wat om te doen gedurende die “ONE DAY” van gebed:

• Bid van middernag tot middernag en vul die 24 uur met individue wat elk een

uur neem om te bid. Moedig alle gemeentelede en individue, selfs kinders, aan om

deel te neem. ‘n Volkleur Gebedsmuur (A1 plakkaat) waarop name vir elke uur

aangebring kan word, is beskikbaar vir diegene wat daarvan gebruik wil maak.

• Doen “prayerwalking” by belangrike, verwaarloosde en bose plekke.

• Hou die aand van die “ONE DAY” ‘n gesamentlike gebedsbyeenkoms vir al die

deelnemers .

Laat weet ons asseblief van julle “ONE DAY” geleentheid. Ons kan vir u gebedspunte en

planne gee wat u kan gebruik, indien u dit sou aanvra. Die gebedsinligting kan dien as

riglyne, maar u word aangemoedig om ook u eie gebedspunte by te voeg.

Kontakbesonderhede: E-pos: oneday@jwipn.com; Tel: +27 12 365 3213; Faks: 086 594

0565; Faks Nr: 086 594 0565

Die Prayer Wall is beskikbaar by Jerigo Mure Gebedsnetwerk, 012-3653213

Gebedsgidse Gebedsgidse is is beskikbaar beskikbaar op op die die Jerigo Jerigo Mure Mure Gebedsnetwerk

Gebedsnetwerk

webblad webblad en en kan kan gratis gratis afgelaai afgelaai afgelaai word word by by www.jwipn.com www.jwipn.com of f bestel

word word vanaf vanaf Jerigo Jerigo Mure Mure se se Pretoria Pretoria kant kantoor kant kantoor

oor: : 012 012-3653213.

012

3653213.

Koste Koste: Koste : R20 plus pos posgeld pos

geld vir vir 10 10 Fire Fire Fire Fire Trail Trail Trail Trail Gebedsgidse

Gebedsgidse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!